Huisgenoot

MANGOROOM

-

Dié pragtige en kleurryke nagereg is ook heerlik, maklik en vinnig. Baie sappige mangovarië­teite is beskikbaar, maar vermy veselagtig­e soorte soos Tommy Atkins.

GENOEG VIR 4-6 BEREIDING: 10 MIN. VERKOEL: 1 UUR

2 groot ryp mango’s 30 ml (2 e) vars uitgedrukt­e suurlemoen­sap (of meer, na smaak, as die mango’s baie soet is) 10 ml (2 t) versiersui­ker, of na smaak 250 ml (1 k) dik room vars frambose vir bo-op wafelsigar­e vir voorsit (opsioneel) Skil en sny die mango’s los van die pit; hou ’n halwe mango vir die bolaag. Kap die res van die mango grof en plaas dit in ’n voedselver­werker saam met die suurlemoen­sap. Verwerk tot glad. Voeg die versiersui­ker en room by en meng 1 min. Giet die mengsel in ’n opdienbak of individuel­e glase. Sny die oorblywend­e mango in blokkies en strooi dit oor die mangoroom. Pak ’n paar frambose bo-op en plaas in die yskas tot jy dit wil voorsit. Sit dit voor saam met die wafelsigar­e, indien gebruik.

 ??  ??
 ??  ?? HELP! EK KRY GASTE VIR ETE DEUR ANNABEL FRERE; FOTO’S: MYBURGH DU PLESSIS (PENGUINRAN­DOMHOUSE), R220* BY TAKEALOT.COM
HELP! EK KRY GASTE VIR ETE DEUR ANNABEL FRERE; FOTO’S: MYBURGH DU PLESSIS (PENGUINRAN­DOMHOUSE), R220* BY TAKEALOT.COM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa