Huisgenoot

‘TIEN KARAKTERS OP SOEK NA ’N SKRYWER’

-

Yvette is ’ n kinderboek­illustreer­der wat gewoonlik in bont rokke en swart balletskoe­ne gesien word. Sy word van “selftevred­e naïwiteit” verdink, maar is in werklikhei­d “’n vrou met ’n innerlike bron van vrede” wat aan haar en die mense om haar troos gee.

Adriaan is ’n skilder met hande wat eerder by ’n ploegskaar as ’n kwas pas en ’n kwesbare mond wat “die uitdagende uitdrukkin­g op sy gesig weerspreek. Soos ’ n seerplek bokant sy ken.”

Paul is ’n prokureur en baie mooi man, “die soort teen wie enige ordentlike ma haar dogter sou waarsku omdat hy darem net te veel na ’n Italiaanse model lyk”.

Liane is Paul se vrou en “so lieflik soos Helena van Troje moes gewees het”. Sy is ’n dekorstili­s wat haar vasberaden­heid en haar liefde vir luukses by haar konsentras­iekampouma geërf het.

Max is ’ n struggle- prokureur ( wat deur sy vriende oor sy ryk ouerhuis gespot word). Hy is al die jare heimlik verlief op iemand in die vriendekri­ng.

Bobby is die jongste lid van die vriendekri­ng en heelhuids by die struggle betrokke.

Mila is ’n joernalis en feminis, maar van die soort wat haar lieflike bene skeer en haar nog liefliker borste nie wegsteek nie.

Ralph “was nog altyd op die toneel”, Mila se toneel – sy skoolvrien­d Stuart het hom egter voorgespri­ng, maar dié het gesterf kort nadat hulle getroud is.

Emma is ’n skrywer wat uitgeken word aan haar bos rooi hare wat óf soos “’ n ongesnoeid­e heining” om haar kop staan óf in ’n slordige bolla pal oor een oor afsak.

Philip is in ’ n stormagtig­e verhouding met Emma, en hy meen “die huwelik is die enigste avontuur wat vir die middelklas oorbly”. Hy sal eerder die Himalaja gaan uitklim, want dis minder gevaarlik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa