Huisgenoot

DIE KONING MIDAS VAN AL DIE MUISE

Mickey Muis het vandeesmaa­nd 90 jaar gelede in Walt Disney se verbeeldin­g gestalte gekry en is vandag steeds ’n superster. Ons kyk terug op sy wonderlewe

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

HY’S selfversek­erd, slim, bekkig en talentvol – en hy het die beroemdste paar ore op aarde. En dít boonop al nege dekades lank. Maar al word hy vandeesmaa­nd 90, is hy steeds volstoom aan die gang – hoeveel sterre kan dit sê? Hy is natuurlik Mickey Muis, die strokiesmu­is met die wit handskoene, rooi broekie, geel skoene en vrolike hoë stem wat sy skepper gehelp het om ’n multimilja­rddollarsa­keryk te bou.

Bekroonde rolprente, tallose TVprogramm­e, massas handelswar­e, winsgewend­e temaparke, noem maar op: Daardie beroemde ronde ore verskyn al dekades lank daarop of daarin.

Walt Disney het nooit die betowering vergeet van die muis wat hy as jong man geskep het nie. Hy het gesê: “Ek hoop net ek sal nooit een ding uit die oog verloor nie: dat dit alles begin is deur ’n muis.”

 ??  ?? Walt Disney besig met die animasie vir Steamboat Willie, die kortfliek wat die begin van Mickey Muis se sukses was.
Walt Disney besig met die animasie vir Steamboat Willie, die kortfliek wat die begin van Mickey Muis se sukses was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa