Huisgenoot

WANKELRIGE BEGIN

-

Mickey was nie ’n kitstreffe­r nie – toe hy vroeg in 1928 in Plane Crazy en The Gallopin’ Gaucho verskyn, het dié kortflieks misluk. Maar daarna reik Disney se ateljee die kortfliek Steamboat Willie op 18 November 1928 uit, en dit word die gewildste strokiespr­ent van sy tyd. In die fliek stuur Mickey ’n rivierboot en vermaak sy passasier met musiek waarvoor hy die diere aan boord as instrument­e gebruik. Die passasier? Minnie Muis. Dit was die eerste animasie met gesinchron­iseerde musiek en klankeffek­te, en dit was ’n wegholsuks­es.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa