Huisgenoot

KITSFEITE

-

Mickey se eerste gesproke woorde was “Hot dogs, hot dogs!” in die rolprent Karnival Kid van 1929. Charlie Chaplin was Walt Disney se inspirasie vir Mickey. Minnie se volle naam is eintlik Minerva Muis. Mickey was die eerste strokieska­rakter wat sy eie ster op die Walk of Fame in Holly- wood gekry het. Dit was in 1978. Minnie is ’n nieampteli­ke Disney-prinses. Soos Mickey eenkeer vir haar gesê het: “Gits, Minnie, vir my was jy nog altyd ’n prinses.” Mickey het net drie vingers en ’n duim aan elke hand, want volgens Walt is “vyf vingers te veel vir ’n muis. Sy hand sou soos ’n tros piesangs gelyk het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa