Huisgenoot

GESKIK VIR DIE TROON?

-

Nie al sy onderdane sien uit na “koning Charles” se heerskappy nie, veral nie ná die skandalige “Camillagat­e” en gegewe die durende gewildheid van koningin Elizabeth nie.

’n Onlangse peiling toon byna die helfte van die Britse bevolking wil eerder hê sy oudste seun, William, moet Elizabeth opvolg.

Selfs sy ouers, Elizabeth en prins Philip (97), het glo lank getwyfel of hul oudste geskik is as troonopvol­ger, onthul Robert Jobson in sy nuwe boek, Charles at Seventy: Thoughts, Hopes and Dreams.

Hul verhouding het glo versuur nadat Charles in Jonathan Dimbleby se biografie van 1994, Prince of Wales: A Biography, onthul het hy het as kind nie toegeneent­heid van sy ouers ontvang nie.

Dinge het op ’n kol so versleg dat die prins en sy pa net skriftelik gekommunik­eer het, skryf Robert, wat die prins 18 maande lank op toere gevolg en met Charles en mense in die koninklike binnekring gesels het.

Volgens Robert het Charles se ouers glo lank gedink hy is te wispelturi­g omdat hy glo vinnig op sy perdjie is.

In die opspraakwe­kkende Netflix-dokkie The Royal House of Windsor word Charles selfs die “mees uitgesprok­e prins van Wallis in die geskiedeni­s van die Windsors” genoem. Maar die verhouding tussen Charles en sy ouers is nou beter, al stamp hy en sy pa steeds koppe, skryf Robert. “Natuurlik is hulle lief vir mekaar,” sê ’n bron na aan Charles. “Dit maak hulle nie vyande nie; dit beteken net hulle verskil.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa