Huisgenoot

DIE SKOONDOGTE­R WAT NUWE BANDE SMEE

-

Charles is glo versot op sy nuwe skoondogte­r, Meghan (37). Dis blykbaar sy wat hom en Harry nader aan mekaar gebring het. “Toe Meghan die prins van Wallis ontmoet, is sy uitgeboul deur sy sjarme,” verklap iemand in die binnekring. “Sy het vir prins Harry gesê Charles is wonderlik: verwelkome­nd, warm, hardwerken­d, vriendelik en stabiel. Sy het hom goed laat verstaan hy moet sy pa waardeer en werk aan ’n beter verhouding met hom.”

Charles het vir hul troue betaal en Meghan boonop die kanselpaad­jie af begelei nadat Meghan se verhouding met haar pa, Thomas Markle (74), versuur het. Charles en Meghan deel glo ook ’n liefde vir kuns.

Charles was “in die wolke” toe Meghan en Harry in die somer vir ’n week by hom kom uitspan het by die Mey- kasteel, die ontslape koninginmo­eder se huis in Caithness aan die noordkus van Skotland. Die driestuks het kusuitstap­pies geniet en voëls gekyk. “Charles is verheug om ’n nuwe skoondogte­r te hê,” vertel ’n ingeligte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa