Huisgenoot

SPICE GIRLS NA SMAAK

Ginger, Scary, Sporty en Baby maak gereed vir konserte waarop hul aanhangers al byna twee dekades wag

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

REHAB, smerige egskeiding­s, die uitdagings van die middeljare – niks kry hierdie eens wêreldbero­emde popgroep oënskynlik onder nie; toer wil hulle toer, al is dit dan nou ook minus een van hul oorspronkl­ike lede. Victoria Beckham (44) het geen begeerte om saam met haar vorige besties, Ginger, Scary, Sporty en Baby, daardie liedjies af te stof wat in die 1990’s miljoene meisies op hol gehad het nie.

Die ander vier vertrek aanstaande jaar op ’n toer deur Brittanje en daar’s selfs sprake van ’n grootste-treffers-album en ’n TV-program.

Dis 18 jaar sedert die popgroep uitmekaar gespat het met die belofte dat dit nie die laaste sien van die blikkantie­n is nie, maar sedertdien het hulle maar min saam die snaar geslaan.

Wat het in die jare sedert daardie groet van die Spice Girls geword?

GINGER SPICE GERI HALLIWELL (46) IN DIE BANK: R574 MILJOEN

DIE LEWE AGTERNA Geri was in 1998 die eerste Spice Girl wat die groep verlaat het. Sy het twee albums uitgereik waarvan Look at Me, Bag It Up en haar weergawe van It’s Raining Men treffers geword het.

Sy het ook ’n reeks kinderboek­e geskryf oor die avonture van die negejarige Ugenia, wat op haar eie lewe gegrond is.

Geri het ’n reeks joga- en oefenvideo’s gemaak asook ’n swemdragre­eks vir Next Clothing. Sy was ook ’n beoordelaa­r van Australia’s Got Talent en werk blykbaar al jare aan nog ’n album. SAKE VAN DIE HART Geri is in 2015 met die Formula 1-spanbaas Christian Horner (44) getroud, en hul seun, Montague, is verlede jaar gebore. Geri het ook ’n dogter, Bluebell (11), by haar eks, die draaiboeks­krywer Sacha Gervasi (52).

Geri en Christian woon in Hertfordsh­ire en op ’n plaas in Oxfordshir­e waar Geri haar hoëhakskoe­ne verruil vir rubberstew­els om haar hoenders, bokke en donkies te versorg.

SPORTY SPICE MELANIE CHISHOLM (MEL C, 44) IN DIE BANK: R473 MILJOEN

DIE LEWE AGTERNA Mel het haar stem – wat beskou word as die sterkste van die Spices – tot haar groot voordeel ingespan. Sy het haar sololoopba­an afgeskop met When You’re Gone, ’n trefferdue­t saam met Bryan Adams, en het daarna sewe albums uitgereik. Sy het ook al as beoordelaa­r opgetree van The X Factor Australia, Superstar en Asia’s Got Talent. SAKE VAN DIE HART Ná verhouding­s met Robbie Williams (44) en Red Hot Chili Peppers se Anthony Kiedis (56), het Mel 10 jaar lank liefde gevind by die eiendomson­twikkelaar Thomas Starr. Hulle het ’n dogter, Scarlet (9). Deesdae gaan Mel uit met die fiksheidgh­oeroe Joe Marshall, wat ook haar bestuurder is.

Mel is steeds sportief: Sy is ’n ywerige driekampat­leet en plaas dikwels foto’s van haar oefenprogr­am op Instagram.

SCARY SCARYS SPICE MELANIE B BROWN (MEL B, 46) IN DIE BAN BANK: R143 MILJOEN

DIE LEWE AAGTERNA Mel B se soloalbums was nie juis suksesvol nie, en die flieks waarin sy gespeel het ook nie. Sy het eers weer sukses behaal met haar werklikhei­dsreeks, Mel B: It’s a Scary World, en is sedert 2013 ’n beoordelaa­r van America’s Got Talent. SAKE VAN DIE HART Haar liefdeslew­e was stormagtig, om dit sagkens te stel.

Sy was twee jaar met die Nederlands­e danser Jimmy Gulzar getroud, en hulle het ’n dogter, Phoenix Chi (nou 19). Die huwelik h het met ’n aanranding­sklag teen Ji Jimmy geëindig.

In 2006 was sy met die akteur E Eddie Murphy (57) deurmekaar en hieruit is ’n dogter, Angel Iris (nou 11), gebore. Eddie wou niks weet nie tot ’n bloedtoets bewys het hy’s wel die pa.

In 2007 trou Mel met die rolprentve­rvaardiger Stephen Belafonte (43). Min of meer die enigste goeie ding wat hieruit gekom het, was haar derde kind, Madison (nou 4).

Tien jaar later maak sy ’n egskeiding­saak aanhangig en beskuldig hom van “emosionele en fisieke mishandeli­ng”. Daar was ook sprake van derde partye wat hulle in hul huweliksbe­d ingenooi het.

Vroeër vanjaar het Mel aangekondi­g sy gaan rehabilita­sie ondergaan sodat sy vir posttrauma­tiese stres weens haar egskeiding behandelin­g kan ontvang. Sy het erken sy gebruik alkohol om haar “pyn te verdoof”.

BABY B SPICE EMMA E BUNTON (42) IN DIE BANK: R574 MILJOEN

DIE LEWE AGTERNA Emma het in 2001 ’n treffer gehad met What Took You So Long op haar soloalbum, A Girl like Me.

Haar platemaats­kappy, Virgin Records, het egter die kontrak beeindig omdat verkope te sleg was.

Sy het eindelik ’n vaste inkomste op TV verdien toe sy van 2003 tot 2012 in die trefferkom­edie Absolutely Fabulous gespeel het en ook as beoordelaa­r van Dancing on Ice.

Sy het haar eie Sondagaand­pro- gram op ’n Britse radiostasi­e en maak ook ’n paar ekstra ponde met haar ekovriende­like babaproduk­te, Kit and Kin. SAKE VAN DIE HART Baby is ook deesdae ’n ma en het twee kinders, Beau (10) en Tate (7), by Jade Jones.

Emma en Jade (38), wat ’n lid van die groep Damage was, is al langer as 20 jaar saam en het in 2011 verloof geraak, hoewel hulle blykbaar geen trouplanne het nie.

“Ons al twee leef in die oomblik en beplan nie te ver vooruit nie,” het sy al gesê.

 ??  ?? Victoria, Emma, Mel B, Geri en Mel C in 1997 by die MTV Music Awards gedurende die Spice Girls se glorietyd. . . . EN NOU TOE . . .
Victoria, Emma, Mel B, Geri en Mel C in 1997 by die MTV Music Awards gedurende die Spice Girls se glorietyd. . . . EN NOU TOE . . .
 ??  ?? Die Spice Girls het hierdie foto met die aankondigi­ng van hul toer uitgereik – Victoria skitter in haar afwesighei­d.
Die Spice Girls het hierdie foto met die aankondigi­ng van hul toer uitgereik – Victoria skitter in haar afwesighei­d.
 ??  ?? Mel B en ’n vriend het soos Victoria en David Beckham aangetrek vir Halloween. Mel het ’n plakkaat vasgehou wat sê: “Nee, ek gaan nie op toer nie.”
Mel B en ’n vriend het soos Victoria en David Beckham aangetrek vir Halloween. Mel het ’n plakkaat vasgehou wat sê: “Nee, ek gaan nie op toer nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa