Huisgenoot

Jennasenuw­eou

-

JENNA DEWAN gaan met haar lewe aan. Vroeër dié maand is die aktrise op ’n aandete-afspraak in Kalifornië gewaar waar sy alte danig met haar nuwe kêrel, die akteur en sanger Steve Kazee (43), geraak het. Dié romantiese uitstappie het plaasgevin­d skaars dae nadat Jenna (37) met haar vervreemde man, Channing Tatum (38), herenig het ter wille van hul vyfjarige dogter, Everly. Die voormalige egpaar, wat in 2009 getroud is en in April bekendgema­ak het hulle skei, het hul dogter eerste gestel toe hulle onlangs kostuums aangetrek het om Halloween te vier. Maar al het albei nuwe verhouding­smaats – Channing gaan glo met die sangeres Jessie J (30) uit – is daar geen kwade gevoelens tussen die ekse nie. “Hulle het geskei, want hulle het geweet hulle moenie meer bymekaar wees nie,” onthul ’n bron. “Hullee is al-albei gelukkig.” Jenna, wat in Oktober amptelik ’n egskeiding­g van diee Magic Mike-ster gevra het, gaagaanan blykbaar al die afgelope paar maande met Steve uit. “Sy het met haar lewewe aangegaan ná haar hu-uwelik en is bly sy het iemand nuuts ontmoet,” beweer ’n bron. “Steve behandel haar goed. Sy is hoopvol oor die toekoms, maar loop sake nie te ver vooruit nie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa