Huisgenoot

Haar lewe ’n lied

-

Ariana Grande hou nie terug nie. Nie oor haar komediante­ks, Pete Davidson – of eintlik enige van haar ekse – nie. Die 25-jarige sangeres het blykbaar na haar eksverloof­de gekap nadat hy in ’n onlangse episode van Saturday Night Live oor hul warrelwind­verlowing gespot het.

Maar die God Is a Womansange­res het nie by die steke in die sosiale media opgehou nie en later ’n liedjie uitgereik waarin al haar onlangse ekse op die naam genoem word.

In dié uitmaaklie­d met die titel Thank U, Next bedank Ariana Pete (24), asook haar ander ekse, die rappers Big Sean (30) en wyle Mac Miller (26) en die danser Ricky Alvarez (26), vir die lesse wat hul verhouding­s haar geleer het. BRONNE: USMAGAZINE.COM, EONLINE. COM, PEOPLE.COM

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa