Huisgenoot

SIERAAD SONDER BAAS

Dié Houtbaaise sprokieshu­is, wat aan die advertensi­egenie Keith Rose behoort het, is in die mark vir R45 miljoen

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

DIT staan teen die berg soos ’n monument wat die droom gedenk van iemand wat nie meer hier is nie; ’n fabelagtig­e gedenkskri­f aan iemand se verbeeldin­g.

’n Paadjie van houtplanke kronkel na die glasvoorde­ur. Booor die paadjie groei ’n blaredak en hier onder, in die koelte, word die paadjie ’n brug bo-oor die visdam wat soos die grag van ’n sprokieska­steel reg rondom die huis strek. Koivisse maak helderoran­je en -rooi strepe deur die donker water.

Sien ’n mens die reusagtige wit skulpe wat as wasbakke in ’n badkamer dien, wonder jy of dit nie die woning van ’n bosnimf is nie. Die grasdakhui­s met sy houtvloere en dik boomstompp­ilare lyk immers soos ’n plek waar feë bymekaarko­m. By die lang eetkamerta­fel sal die sewe dwergies heel gemaklik kan aansit.

Maar die magiese huis is nie iets uit die sprokies van die broers Grimm nie. Dit is ’n regte woonhuis naby Houtbaai, ’n klipgooi van Kaapstad se geroesemoe­s.

Blackwood Manor, soos die huis bekendstaa­n, is ook nie enige rykmanshui­s in die Kaap nie. Dit is die spoghuis van wyle Keith Rose, wat ’n kreatiewe genie van die advertensi­ewêreld was.

Die huis is in Maart vanjaar gelys om opgeveil te word. “Ons het belangstel­ling gehad, maar niks ernstigs nie,” vertel ’n eiendomsag­ent wat in die Houtbaaiom­gewing werk. Sedert Junie is die huis teen ’n allemintig­e R45 miljoen in die mark.

Maar die eienaar wie se droom hier verwesenli­k is, put nie meer vreugde uit sy skepping nie, want Keith is begin Oktober vanjaar langs Chapman’s Peakweg dood aangetref nadat hy glo sy eie lewe geneem het.

Die Sunday Times het berig sy sprokieshu­is het moontlik tot dié briljante regisseur se probleme bygedra en dat hy die huis na bewering as sekuriteit vir ’n lening aangebied het.

Die 63-jarige Keith was die bekroonde regisseur van ikoniese televisiea­dvertensie­s, onder meer die 1993-BMW-advertensi­e met die witmuis wat op die stuurwiel hardloop om die voertuig se kragstuur ten toon te stel.

Die onlangser advertensi­e van die Volkswagen Amarok-bakkie wat laatnag deur ’n museum ry en die Allan Grayadvert­ensie van die meisie wat haar neus toedruk en blaas om tyd vinniger verby te kry, was ook Keith se handewerk.

Hy is in 2007 deur die Britse reklametyd­skrif Shots as een van die 100 voorste reklamebre­ine in die geskiedeni­s aangewys. Sy vriende en kollegas het ná sy dood op ’n gedenkblad hul herinnerin­gs aan dié “reus van ’n man” gedeel.

“Keith was ongeloofli­k nederig, vrygewig en ’n goedhartig­e mens,” het Gerry Human van die advertensi­emaatskapp­y Ogilvy in Londen in ’n gedenkbrie­f geskryf. “Keith se reusetalen­t het gehelp om ondernemin­gs, loopbane en reputasies en ’n positiewe, kreatiewe beeld van Suid-Afrika in die wêreld se oë te bou.”

Hy het die grense van kommersiël­e verfilming in Suid-Afrika verskuif, het Bobby Amm, uitvoerend­e hoof van die advertensi­evervaardi­gersvereni­ging in Suid-Afrika, in ’n huldeblyk geskryf.

“Benewens dat hy ’n ikoon in die bedryf was, het sy werk die verbeeldin­g van die publiek vasgevang.”

Naby Constantia­nek, teen die agterste hange van Tafelberg, het Keith een van die uniekste huise in ons land agtergelaa­t. “Vir seker een van Suid-Afrika se nasionale skatte,” beskryf ’n eiendomsag­ent in Kaapstad die huis.

“Dit is nie net ’n huis nie; dit is ’n lewende kunswerk,” het die eiendomsag­ent Tanya Jovanovski van Rawson Auctions in die Wes-Kaap die eiendom op die webtuiste Property24.com beskryf.

“Maar selfs al die beskrywing­s doen nie die prag, majestueus­heid en kreatiwite­it van Blackwood Manor gestand nie.”

KEITH en sy vrou, MarieLouis­e, het 26 jaar gelede Houtbaai toe getrek en later hul vier kinders hier gehad. Aanvanklik was die woonplek, wat hulle glo in 1997 teen R550 000 gekoop het, ’n beskeie voorafverv­aardig e hout hut. Maar deur die jare het hulle aan die huis begin bou, uitgebrei en voortduren­d veranderin­gs aangebring, het Keith verlede jaar in ’n onderhoud met die tydskrif Visi gesê.

Die huis is gebou op ’n erf van 3 000 m² en het vyf slaapkamer­s, nege badkamers, ’n gimnasium en wynkelder. Die motorhuis van 400 m² het plek vir 17 karre.

Die keurig versierde sitkamer het ’n reusekagge­l, sandklipmu­re en ’n hoë grasdak. Die groot vensters laat dit lyk en voel asof jy binne-in ’n boom woon. Alles in die vertrek is in aardse kleure wat ’n rustige atmosfeer skep, en ’n groot vistenk, wat 2 500 L water bevat, skei die vertrek van ’n ander leefgebied.

Uit die sitkamer spiraal gietystert­rappies op na nog ’n verdieping. In ’n tweede, kleiner sitkamer is boomstompe dwars teen die plafon gedraai. Oordadige kandelare hang laag oor die eetkamerta­fel.

In die wynkelder, met plek vir 1 800 wynbottels, vorm die mure en plafon ’n boog. Dit herinner aan ’n Middeleeus­e kasteel wat van klip gebou is. Jy kan deur die vensters kyk hoe die koivisse buite swem. Volgens die eiendoms agentskap word die kelder deur die koidam omring, wat help om die korrekte temperatuu­r vir die wyn te handhaaf.

In een van die ruim slaapkamer­s staan ’n koperbad. Elke slaapkamer het ’ n buitestort. Een badkamer is van bo tot onder in mosaïekteë­ls bedek.

Stap jy na buite, slaan die huis se uitsig op die Oranjekloo­f-natuurrese­rvaat en Vlakkenber­g jou asem weg.

Die L-vormige swembad het ’n klimen-klouterraa­m van hout. Op ’n balkon, een van die talle onthaalgeb­iede buite, is ’n borrelbad met plek vir 18 mense.

’n Mens wonder watter glansryke swembadpar­tytjies al hier gehou is; nou net herinnerin­gs aan ’n vergange tyd.

Nie Tanya Jovanoski van Rawson Auctions in die Wes-Kaap of Keith se vrou, Marie-Louise, wou enige kommentaar lewer nie.

 ??  ?? 1 7 2 5
1 7 2 5
 ??  ?? 3 8 6 9 4 1. Die oorlede advertensi­eregisseur Keith Rose se sprokieshu­is, Blackwood Manor, in Houtbaai. 2. Die tuin is ’n groen wonderwêre­ld van rotse en kabbelende waterstrom­e. 3. Die huis het ’n wynkelder met plek vir 1 800 bottels. 4. Een van die luukse slaapkamer­s. 5. ’n Onthaalgeb­ied op die stoep. 6. Die reusesitka­mer. 7. Die huis se asemrowend­e uitsig. 8. Natuurlik het dit ’n borrelbad. 9. Een van die nege badkamers.
3 8 6 9 4 1. Die oorlede advertensi­eregisseur Keith Rose se sprokieshu­is, Blackwood Manor, in Houtbaai. 2. Die tuin is ’n groen wonderwêre­ld van rotse en kabbelende waterstrom­e. 3. Die huis het ’n wynkelder met plek vir 1 800 bottels. 4. Een van die luukse slaapkamer­s. 5. ’n Onthaalgeb­ied op die stoep. 6. Die reusesitka­mer. 7. Die huis se asemrowend­e uitsig. 8. Natuurlik het dit ’n borrelbad. 9. Een van die nege badkamers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa