Huisgenoot

Dit het alles met die dood van my kind begin

TINIE BURGER (67), Potchefstr­oom

-

Natacha Burger (destyds 33), Tinie se enigste kind, was die eerste slagoffer van die vermeende moordkliek. Natacha, ’n regsadvise­ur by ’n bank in Pretoria, was ’n gelowige en lid van die OTC-bediening. Sy is na bewering vermoor om wraak te neem op Ria Grunewald, die stigter van die OTC.

Die hof het gehoor Ria en Cecilia Steyn, die vermeende baasbrein agter die moorde en vroeër ’n lid van die OTC, se paaie het geskei voor die moordvlaag in 2012 begin het. Ria en Natacha was na aan mekaar en Cecilia wou Ria glo bykom.

Tinie sê hy het nog baie vrae oor sy dogter se dood op 26 Julie 2012. Natacha is saam met haar buurvrou, Joy Boonzaier (63), in Joy se woonstel in die Lancelot-sekuriteit­skompleks in Centurion vermoor. Die staat voer aan Marinda en Zak het eers vir Joy in haar woonstel oorval en doodgestee­k. Natacha, wat die aand van die werk afgekom het, het ’n briefie by haar motorhuis gekry wat gelui het sy moet Joy dringend gaan sien. Joy het vermoedeli­k die briefie onder dwang geskryf. Toe Natacha by Joy se deur aankom, is sy met die intrapslag aangeval en doodgestee­k.

Tinie, ’n kankerlyer, vertel Natacha se dood het ’n groot leemte in sy lewe gelaat. Toe kanker in 2008 by hom gediagnose­er is, was sy die een wat hom bygestaan n het. Hy en Natacha se ma was toe e reeds jare lank geskei. “Ek en Na- tacha het baie met mekaar oor die e Woord gepraat. Die Here was Natacha se alles. Ek onthou hoe sy gebid het vir haar vriendinne wat moeilike tye beleef.” Hy vertel toe sy dogter by die OTC betrokke raak, het hy die kursusmate­riaal i l waarmee hulle satanisme glo wou bekamp p onder oë gehad en haar ge- waarsku. “Ek het gesê sy y moet van die groep af wegkom m en by ’n ander kerk of bediening aannsluit om haar geloof uit te leef.” Hy glo sy was “op die verkeerde plek” en dat “die vererkeerd­e mense oor haar pad gekom het”. Tog sê hy hy koester nie ’n wrok teen die moordenaar­s nie. “Hulle vonnis is reeds uitgewerk, en dit is nie op aarde nie.”

 ??  ?? VERMOOR NATACHA BURGER VERMOOR ER BOONZAI JOY
VERMOOR NATACHA BURGER VERMOOR ER BOONZAI JOY
 ??  ?? MARINDA STEYN
MARINDA STEYN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa