Huisgenoot

KOES, TRUMP, HIER’S ’N GROTER VUILMOND!

Brasilië het die ekstreem regse Jair Bolsonaro as president verkies, ’n man wie se beledigend­e en diskrimine­rende uitlatings die Amerikaans­e president laat mak lyk

- Saamgestel deur JANE VORSTER

ELKE keer wanneer hy sy mond oopmaak, raak hy beledigend­e of diskrimine­rende dinge kwyt.

Vroue, sê hy, verdien om minder as mans betaal te word, want hulle het die irriterend­e gewoonte om swanger te raak. Immigrante is die “skuim van die aarde”. En hy sal eerder die trauma verduur dat sy seun in ’n motorongel­uk sterf as om hom die woorde te hoor uiter: “Pa, ek is gay.”

Hoe kan so ’n onverdraag­same vent die staatshoof van ’n land wees?

Pres. Donald Trump is seker verlig hy is ’n slag nie die een wat woede ontketen nie – vergeleke met Brasilië se nuwe president, Jair Bolsonaro, lyk die Amerikaans­e leier byna so mak soos ’n lammetjie.

Maar al word Bolsonaro (63), ’n voormalige kaptein in die Brasiliaan­se leër, “die Trump van die trope” genoem, is hy veel meer regsgesind. Daar is trouens mense wat sê hy is werklik gevaarlik – vir Brasilië en vir die wêreld.

Dit is ’n ou dié wat diktators loof, steun vir marteling uitspreek, spot hy sal sy politieke teenstande­rs laat skiet en trots is op die beskrywing van hom as “die mees vrouehaten­de en veragtelik­e amp- tenaar in die demokratie­se wêreld”.

Pleks van hom afstootlik vind, het hordes Brasiliane in die land se onlangse verkiesing vir hom gestem. Hulle is moeg van wat hulle beskou as papbroeker­ige politici en ervaar sy bot styl as eerlik – en hulle hoop hy sal inklim en sake regruk.

Waar kom Bolsonaro vandaan en hoe het hy aan die stuur van die vierde grootste demokrasie ter wêreld beland?

NET soos Trump het hy ontsag vir die weermag. As ’n tiener wat op die dorp Glicério in die deelstaat São Paulo grootgewor­d het, het Bolsonaro die Academia Militar das Agulhas Negras, Brasilië se hoof- militêre akademie, bygewoon.

Nadat hy in 1977 daar klaargemaa­k het, het hy as ’n valskermso­ldaat diens gedoen, maar vinnig tot die rang kaptein opgang gemaak. In 1988 het hy die leër verlaat om daarop te fokus om ’n politieke loopbaan te bou en daarin geslaag om hom as stadraadsl­id in Rio de Janeiro te laat verkies.

Twee jaar later is hy as ’n lid van die Christelik­e Demokratie­se Party tot die kongres verkies. Hy was 27 jaar lank in die kongres terwyl hy verskeie kere tussen verskillen­de konserwati­ewe partye oorgeloop het. Al het hy meer as 170 wetsontwer­pe ingedien, het net twee wet geword.

In 2008 was hy aan die middelpunt van ’n herrie nadat dit aan die lig gekom het hy het sy vrou, Michelle, as sy sekretares­se aangestel. In die bestek van twee jaar het hy haar verskeie kere bevorder en haar salaris verdriedub­bel.

Hy was later verplig om haar af te dank nadat Brasilië se hooggeregs­hof bevind het nepotisme is onwettig in die openbare administra­sie.

Michelle is Bolsonaro, die pa van vyf kinders, se derde vrou, en hulle woon nou in Barra da Tijuca, ’n rykmansbuu­rt in Rio de Janeiro.

Al het hy skynbaar hoë agting vir sy vrou, het sy aanmerking­s oor vroue hom al op vele geleenthed­e in die pekel laat beland. In 2015 is hy beboet omdat hy in ’n onderhoud gesê het die kongreslid Maria do Rosário is “nie werd om te verkrag nie”, want “sy is baie lelik”.

Hy is ook deur die prokureur-generaal ondersoek oor rassisties­e kommentaar wat hy oor swart Brasiliane gemaak het.

Niks hiervan het hom van stryk gebring nie. Vroeg vanjaar het hy die Sosiale Christelik­e Party verlaat om by die Sosiale Liberale Party aan te sluit. Dit was sy invloed wat die party meer regs-

gesind laat raak het, sê ontleders.

Hy het in Julie die party y se amptelike benoemde e vir die presidents­verkie- sing geword.

Aanvanklik het sy kans s skraal gelyk teen die gewillde Luiz Inacio Lula da a Silva, wat herverkies wou u word nadat hy tot in 2010 10 sewe jaar lank as president nt gedien het. Maar toe Lula la in April vir 12 jaar tronk toe oe gestuur word op aanklagte te van korrupsie in sy ampstermyn, pstermyn, het Bolsonaro sy kans aangegryp. Hy het ál meer uitgesprok­e geraak en beloof om “Brasilië weer wonderlik te maak” – ’n onbeskaamd­e nabootsing van Trump se veldtogleu­se, “Make America great again”.

Van sy landgenote was meer omgekrap en bekommerd as ander – en daar was selfs fanatiese optrede teen hom. In September het ’n man na Bolsonaro gehardloop en hom in die maag gesteek terwyl ’n ondersteun­er hom tydens ’n veldtogbye­enkoms op die dorpie Juiz de Fora op die skouers gedra het.

Die aanvaller, Adélio Bispo de Oliveira, ’n voormalige lid van die linksgesin­de Sosialisme-en-vryheidspa­rty, het aan die polisie gesê God het hom opdrag gegee om die aanval uit te voer.

Bolsonaro se seun Flávio het later onthul sy pa was amper dood weens ernstige bloedverli­es. Terwyl hy langer as ’n maand bedlêend was, het die politikus sy veldtog voortgesit deur boodskappe aan sy miljoene Facebookvo­lgelinge af te vuur.

In die eerste ronde van die verkiesing het hy eerste geëindig met 46% van die stemme. Maar sy voorsprong was nie groot genoeg nie, en verlede maand het Bolsonaro in ’n tweede verkiesing g teen Fernando Haddad van die Werkerspar­ty meegeding.

In dié ronde het hy 55% van die stemme op hom verenig, genoeg dat hy op 1 Januarie 2019 as Brasilië se 38ste president ingehuldig sal word.

Sy ondersteun­ers is in die wolke, maar kommentato­rs spreek kommer uit oor Bolsonaro en sy “neofascist­iese” gesindheid.

“Die ekstreem regses het Brasilië verower,” sê Celso Rocha de Barros, ’n Brasiliaan­se rubriekskr­ywer. “Brasilië het nou ’n meer ekstremist­iese president as enige demokrasie ter wêreld . . . ons weet nie wat gaan gebeur nie.”

Hoekom sou die Brasiliane hul steun bied aan iemand wat die land verdeel en groot groepe mense vervreem?

“My ontleding is dat dit ’n verwerping van die status quo-politiek is. Mense is eenvoudig keelvol,” sê dr. Sean Burges, ’n lektor in internasio­nale verhouding­s aan die Australies­e Nasionale Universite­it wie se spesiale fokusgebie­d die Brasiliaan­se politiek is.

Nadat hulle al die korrupsie in die Brasiliaan­se politiek gesien het – onder meer die vervolging van Dilma Rousseff, Brasilië se eerste vrouepresi­dent, in 2016 weens die verontagsa­ming van begrot tingsregul­asies – het kiesers n nie meer vertroue in die polit tici van die hoofpartye nie.

“Hulle wou iets buite die n norm hê, en Bolsonara voldoen aan die vereistes,” voeg Sean by. “Hy is die harde, kwaai stem.”

Die politikus het beloof hy sal korrupsie hokslaan, veiligheid in die misdaadget­eisterde land opskerp en ’n onversetli­ke houding teen linkse ekonomiese beleid inneem.

“Ons kan nie aanhou flankeer met kommunisme nie,” sê hy. “Ons gaan die lot van Brasilië verander.”

Kiesers het by dié beloftes aanklank gevind – selfs al het dit beteken hulle hou hulle blind vir die verkleiner­ende idees en haatspraak wat hy al kwytgeraak het.

“Mense is bang,” sê Sean. “Ek dink vrees is ’n groot deel hiervan. Brasilië het sewe van die 20 gewelddadi­gste stede ter wêreld. Dit het meer as 60 000 moorde per jaar – dis werklik skrikwekke­nd. Mense wil ’n kitsoploss­ing daarvoor hê.”

Trump was een van die eerste wêreldleie­rs wat Bolsonara gebel het om hom geluk te wens. Dit het waarskynli­k vir die omstrede nuwe staatshoof baie beteken om van sy held te hoor.

“Trump is vir my ’ n voorbeeld,” sê Bolsonara. “Ek beplan om nader aan hom te kom tot voordeel van sowel Brasilië as Amerika.” BRONNE: NYTIMES.COM, GUARDIAN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, CTV.CA

 ??  ?? Brasilië se nuwe president, Jair Bolsonaro, vier sy oorwinning saam met ondersteun­ers.
Brasilië se nuwe president, Jair Bolsonaro, vier sy oorwinning saam met ondersteun­ers.
 ??  ?? LINKS BO: Bolsonaro het meer as ’n dekade in die Brasiliaan­se leër gedien. REGS BO: Hy en sy vrou, Michelle, verlede maand by ’n stempunt.
LINKS BO: Bolsonaro het meer as ’n dekade in die Brasiliaan­se leër gedien. REGS BO: Hy en sy vrou, Michelle, verlede maand by ’n stempunt.
 ??  ?? Bolsonaro en sy drie oudste seuns, (van links) Flávio, Carlos en Eduardo. Hy het nog ’n seun, Renan, en ’n dogter, Laura.
Bolsonaro en sy drie oudste seuns, (van links) Flávio, Carlos en Eduardo. Hy het nog ’n seun, Renan, en ’n dogter, Laura.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa