Huisgenoot

CUBANO’S MET RAFELTJIEV­LEIS

Dié ikoniese Kubaanse broodjies verg geduld en ’n bietjie moeite, maar is beslis die moeite werd.

-

GENOEG VIR 6-8 MENSE BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: 1 UUR OF OORNAG GAARMAAK: 2 UUR EN 30 MIN. RAFELTJIEV­LEIS 1-1,5 kg heel varksnit soos lende of boud 10 ml (2 t) fyn komyn sout en vars gemaalde peper 6 knoffelhui­sies, gekneus sap en skil van 1 lemoen sap en skil van 1 lemmetjie ’n hand vol koljanderb­lare, gekap 4 takkies ment, gekap 250 ml (1 k) hoenderaft­reksel 250 ml (1 k) gemmerlim 15 ml (1 e) bruinsuike­r CUBANO’S 6-8 panini’s of lang broodjies, oopgesny 125 ml (½ k) mayonnaise 125 ml (½ k) mosterd 200 g mozzarella- of sterk cheddarkaa­s, in skyfies gesny 6-8 groot agurkies, in skywe gesny 60 ml (¼ k) botter Voorverhit die oond tot 170 °C.

1 Rafeltjiev­leis Geur die vleis oraloor met die komyn, sout en peper en plaas in ’n groot marineerba­k. 2 Voeg die knoffel, lemoensap en -skil, lemmetjies­ap en -skil, koljander en ment by die vleis en meng goed sodat die vleis heeltemal bedek is. Laat minstens 1 uur of selfs oornag in die yskas marineer. 3 Plaas die vleis saam met die marinade in ’n groot oondbak met ’n deksel. Giet die aftreksel en gemmerlim in die bak saam met die vleis en plaas die deksel stewig op. 4 Bak die vleis 2 uur in die oond – draai dit halfpad deur om. Haal die deksel af en besprinkel met die bruinsuike­r. Skakel die roosterele­ment van die oond aan en rooster 10-15 min. of tot effens gekaramell­iseer. 5 Verwyder die vleis uit die sous en pluis rofweg met 2 vurke. Plaas die vleis in ’n ander bak en giet 60 ml (¼ k) van die afgekookte vloeistof by. Meng goed en geur met nog sout indien nodig. Hou eenkant.

6 Cubano’s Smeer die binnekant van die broodjies ruimskoots met die mayonnaise en mosterd. Stapel van die rafeltjiev­leis op die een helfte van elke broodjie. Plaas ’n paar skyfies kaas en agurkie bo-op en maak die broodjies toe. 7 Verf die buitekant van die broodjies liggies met die botter. Verhit ’n toebroodji­erooster en rooster die broodjies tot dit effens begin verkleur en die kaas gesmelt is. Sit dadelik voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa