Huisgenoot

KONDENSMEL­KFLAN

Kubaanse flan is baie soos crème caramel. Kondensmel­k pleks van room word gewoonlik gebruik, en dis glad nie nodig om die vla vooraf te berei nie – alles word sommer net so gebak.

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 45-50 MIN. VERKOEL: 1 UUR

KARAMEL 250 ml (1 k) suiker 15 ml (1 e) suurlemoen­sap 15 ml (1 e) water FLAN 1 x 385 g-blik kondensmel­k 385 g melk (gebruik sommer die kondensmel­kblik om dit af te meet) 3 eiers 2 eiergele 5 ml (1 t) vanielje Voorverhit die oond tot 160 °C. Bespuit 4 middelslag- of 6 klein ramekins k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s) met kossproei. Plaas ’n teedoek in ’n diep oondbak waarin al die ramekins sal pas.

1 Karamel Plaas die bestanddel­e saam in ’n kastrol en verhit. Roer aanhoudend met ’n houtlepel tot die suiker opgelos is. Gebruik ’n kwas wat in water gedoop is en verf om die binnekant van die kastrol om enige suikerkris­talle te verwyder. Haal die lepel uit sodra die suiker opgelos is en laat stadig prut tot die stroop ’n diep karamelkle­ur is. Verdeel die stroop tussen die ra- mekins en hou eenkant om te stol.

2 Flan Meng al die bestanddel­e goed en giet bo-oor die karamel in die ramekins – die ramekins moet minstens ¾ vol wees. 3 Pak die ramekins op die teedoek in die oondbak. Maak die oondbak vol kookwater sodat die water ¾ hoog teen die ramekins opkom. 4 Plaas die oondbak versigtig in die oond en bak 30-40 min. of tot die flan gestol maar nog effens jellierig in die middel is. Verwyder die flan uit die oondbak en laat afkoel. 5 Maak die flan liggies langs die kante van die ramekins met ’n bottermes los en keer op ’n opdienbord uit. Sit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa