Huisgenoot

KUBAANSE HOENDERSTO­WE

Geurige speserye, soetrissie­s en gekapte tamaties maak dié gereg ekstra lekker.

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 1 UUR

HOENDER 6-8 hoenderpor­sies sout en vars gemaalde peper 10 ml (2 t) fyn komyn 2,5 ml (½ t) elk fyn kaneel en cayennepep­er 5 ml (1 t) origanum STOWE 750 g baba-aartappels 1 rooi soetrissie, in repe gesny 1 geel soetrissie, in repe gesny 1 ui, in skywe gesny 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 x 410 g-blik gekapte tamaties sap van 1 lemmetjie sap van 1 lemoen 250 ml (1 k) hoenderaft­reksel 15 ml (1 e) olyfolie VIR VOORSIT vars koljanderb­lare rys indien verkies Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n groot, diep oondbak byderhand.

1 Hoender Geur die hoenderpor­sies oraloor met die sout en vars gemaalde peper. Meng die res van die speserye goed en vryf oor die hoender.

2 Stowe Voeg al die bestanddel­e buiten die hoender in die oondbak. Meng goed en pak die hoender tussen die groente. Drup die olyfolie oor en bedek met foelie. Bak die hoender 45 min. 3 Verhoog die oondtemper­atuur tot 200 °C. Haal die foelie af en bak nog 15 min. of tot die hoender goudbruin is.

4 Vir voorsit Sprinkel die koljander oor die stowe en sit net so voor of saam met rys of slaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa