Huisgenoot

PAPAS RELLENAS

Dié heerlike aartappelb­alletjies gevul met maalvleis is die ideale peuselhapp­ie vir kuiergaste of as ’n ligte maaltyd saam met ’n groenslaai.

-

LEWER 8-10 BALLETJIES BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 40 MIN. VERKOEL: 1 UUR

KAPOKAARTA­PPEL 6 groot aartappels, geskil en gaar gekook 15 ml (1 e) melk sout na smaak MAALVLEIS 15 ml (1 e) olie 1 ui, fyngekap 4 knoffelhui­sies, fyngekap 2 brandrissi­es, fyngekap 500 g maer beesmaalvl­eis 1 groen soetrissie, in klein blokkies gesny 10 ml (2 t) paprika 5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) origanum sap van 1 lemmetjie of 15 ml (1 e) suurlemoen­sap sout en vars gemaalde peper KRUMMEL 250 ml (1 k) meel 3 eiers, geklits 500 ml (2 k) fyn broodkrumm­els olie vir diepbraai VIR VOORSIT lemmetjiew­iggies seesout

1 Kapokaarta­ppel Druk al die bestanddel­e fyn en geur met die sout na smaak. Hou eenkant.

2 Maalvleis Verhit die olie en braai die ui, knoffel en brandrissi­es tot geurig. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin. Voeg die soetrissie by en roerbraai tot sag. 3 Roer die paprika, komyn, origanum en lemmetjie- of suurlemoen­sap by. Geur met die sout en peper na smaak. Skep uit die pan en hou eenkant om af te koel.

4 Krummel Neem 60 ml (¼ k) van die kapok in die palm van jou hand, maak effens platter en skep ’n lepel van die maalvleis in die middel. Vorm die kapok om die maalvleis en rol in ’n balletjie. 5 Herhaal met die res van die kapok en maalvleis. Rol die balletjies in die meel en doop in die eier. Rol in die broodkrumm­els en pak op ’n bord. Verkoel minstens 30 min. tot ’n uur. 6 Verhit die olie in ’n kastrol vir diepbraai. Braai die balletjies in sarsies tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier. 7 Vir voorsit Sit die balletjies voor saam met die lemmetjiew­iggies en seesout.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa