Huisgenoot

BERG IN DIE SEE

-

Gough-eiland, meer as 2 600 km suid- wes van Kaapstad, is die spits van ’n ondersese berg. Die eiland van 14,5 km lank en 6,5 km breed steek 910 m bo seevlak uit, maar van die seebodem tot by sy spits is dit omtrent drie keer die hoogte van Tafelberg.

Volgens oorlewerin­g is dit in die 1500’s deur die Portugese seevaarder Gonçalo Alvarez ontdek. Sowat 200 jaar later het ’n Engelsman, ene kapt. Gough van die skip Richmond, dit “herontdek”. Dit is na hom genoem en Brittanje het dit in 1938 geanneksee­r.

Volgens die Royal Society for the Protection of Birds word Gough-eiland, ’n Wêrelderfe­nisgebied, as die belangriks­te seevoël-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan beskou.

Dit is die tuiste van 8 miljoen voëls van 23 verskillen­de spesies.

 ??  ?? BO: Jaimie Clee-Cleeland werk aan ’n Atlantiese geelneusal­batros se seintoeste­lletjie. REGS: Geelkuifpi­kkewyne.
BO: Jaimie Clee-Cleeland werk aan ’n Atlantiese geelneusal­batros se seintoeste­lletjie. REGS: Geelkuifpi­kkewyne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa