Huisgenoot

SY ROTS: CAMILLA

-

Charles is deesdae op sy gelukkigst­e, en dis danksy sy vrou van die afgelope 13 jaar, Camilla. Sy was onlangs weer saam met hom op sy nege dae lange Afrikatoer.

Charles en Camilla is soos “’n jong verliefde paartjie”, sê die New Yorkse fotograaf Alexi Lubomirski (43), wat die twee vir die tydskrif Vanity Fair se Desember-uitgawe afgeneem het. Hy was ook die man agter Harry en Meghan se amptelike verlowings­foto’s.

“Toe hulle na mekaar kyk, was daar ’n sprankel in hul oë – dis wanneer die toorkrag gebeur het,” sê Alexi.

Camilla se neef Ben Elliot, wat ook met Vanity Fair gesels het, beaam dit. “Hulle geniet mekaar se geselskap. Jy kan dit die beste sien wanneer hulle saam dans; daar is soveel opregte, diep teerheid en liefde.

“Sy weet hy is die baas, die ster. Sy doen als wat sy kan om hom te ondersteun.”

Luidens berigte gaan Camilla die titel “gemalin van die koning” dra wanneer Charles die troon bestyg – of hul landgenote nou daarvan hou of nie. Sy’t glo reeds gespog sy gaan die eerste “nieadellik­e koningin” wees – en dit voor Kate (36).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa