Huisgenoot

POSH SPEELEEL NIE MEER SAAM NIE

-

Die roem wat sy as ’n Spice Girl geniet het, het baie deure oopgemaak vir Victoria Beckham, maar noudat sy ’n beroemde modeontwer­per is, stel sy nie in die minste belang daarin om haar lyf in ’n swart rokkie op ’n verhoog te gaan rondwikkel nie.

Maar al weier sy om saam te toer, gaan sy steeds miljoene ponde in die sak kry. Volgens berigte het die sakeslim ster ’n groot aandeel in die musiekregt­e en ander regte van die Spice Girls-handelsnaa­m. Sy gaan dus die vrugte pluk van haar eks-besties se harde werk.

Hoewel Victoria (wat sowat R6,5 miljard in die bank het) voor die media maak asof alles tussen haar en die ander Spices fantasties is, gaan lê die gerugte maar net nie dat daar groot verwyderin­g tussen haar en die ander is nie.

Enkele dae voor die reünietoer aangekondi­g is, het Mel B haar gevoelens duidelik gewys by die supermodel Heidi Klum se Halloweenp­artytjie. Sy het ’n stywe swart rok aangehad saam met ’n masker van Victoria se gesig en ’n plakkaat wat lui: “Nee, ek gaan nie op toer nie.”

Laat ’n mens dink aan een van hul treffers: Who Do You Think You Are?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa