Huisgenoot

WERKLOSE PA WIL KIND ‘AFTEKEN’

-

VWat beteken dit as iemand ’n kind wil afteken? Ek het ’ n vyfjarige seuntjie en is van sy pa geskei. Ek het weer getrou en my man wil my kind aanneem. Sy pa sien hom nooit nie en het laat weet hy wil hom afteken, want hy is werkloos. Sal my kind se regte pa dan nog onderhoud moet betaal soos die hof met ons egskeiding beslis het? Hy betaal nou sy skoolfonds bitter ongereeld. JH op DG

ADit is elke kind se grondwetli­ke reg dat sy belang altyd die deurslag gee in enige saak wat hom raak. Die Kinderwet bepaal dus dat ouers se verpligtin­gs en regte teenoor hul kinders eers ophou wanneer ’n kind 18 jaar oud of selfversor­gend is.

’n Ouer se sorg kan dus nie as sulks afgeteken word nie, maar dit kan wel met toestemmin­g na ’n ander oorgedra word.

As jou huidige man jou seuntjie wil aanneem, het hy die kind se biologiese pa se toestemmin­g daarvoor nodig. As die aanneempa sal jou man dan die volle regte en verpligtin­gs van ’n ouer teenoor die kind hê en hy sal kan optree asof hy sy biologiese pa is.

Jou eks se regte en verpligtin­gs teenoor die kind sal dan verval, tensy die hof anders in die aannemings­bevel gelas.

Jy en jou eks kan ’n ná-aannemings­ooreenkoms aangaan waarin daar wel regte en verpligtin­gs teenoor die kind aan hom toegeken word. Bepalings oor die betaling van onderhoud en kontak met die kind kan daarin uiteengesi­t word. Julle moet voor die aanneming al daaroor ooreenkom. Die hof sal dan besluit of hierdie ooreenkoms in die kind se belang is. Indien wel, sal dit ’n hofbevel word wanneer die aanneming toegestaan word.

Dit klink vir my asof jou eks nie meer sulke verpligtin­gs teenoor sy seun wil of kan nakom nie. As dit die geval is, is so ’n ooreenkoms onnodig. Jou huidige man kan dan bloot aansoek doen om jou kind aan te neem nadat sy biologiese pa toestemmin­g daarvoor gegee het.

‘Hoe meer selfgelden­d jy optree, hoe meer neem jy die wind uit ’n boelie se seile’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa