Huisgenoot

WAT WYS NOG?

-

Riller-drama. Met John Cho, Debra Messing en Joseph Lee. Regisseur: Aneesh Chaganty. 13DTG.

Dis seker elke ouer se vrees en dilemma: Moet jy jou kind se privaathei­d respekteer of mag jy hul intieme kuberwêrel­d betree wanneer probleme opduik? Dit is die vraag waarmee David Kim (Cho, foto) gekonfront­eer word toe sy 16-jarige dogter, Margot (Michelle La), vermis raak.

Uit vrees vir haar lewe besluit hy om by haar skootreken­aar in te breek op soek na leidrade wat hom kan help om haar op te spoor.

In die proses span hy kragte saam met die speurder Rosemary Vick (Debra Messing van Will & Grace-faam).

Facebook, YouTube, Instagram . . . oral is nuwe digitale voetspore om te volg. Jou hart krimp saam met die pa s’n ineen wanneer hy hartseer ontdekking­s maak oor ’n dogter wat hy gedink het hy ken.

Die vervaardig­ing van die rolprent is iets besonders: Alles gebeur op ’ n rekenaarof slimfoonsk­erm. Vir jou as kyker is dit asof jy die gebruiker van die betrokke sosiale media is.

Dis ’ n ope vraag of dié formaat vir alle kykers sal werk. Vir sommige sal die klik van ’n muis en die getik op ’ n toetsbord die spanning verhoog; vir ander sal dit die fliek onnodig uitrek. Die kinkel kan jou steeds na jou asem laat snak.

Dis terloops ’n rolprent wat jy wettig mag aflaai om op jou rekenaar of selfoon te kyk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa