Huisgenoot

’N E-POS AAN MARITA

-

Jana Cloete van Table View het vir Marita van hul wegkomkans­e vertel. (Sy sit op die foto in die middel met haar baba.)

“hi, marita, ek wil dankie sê vir jou en jou boek wegkomkans. daai boek het ons 15 jaar gelede geïnspiree­r om jaarliks op ons eie wegkomkans te gaan. ons was al op baie plekke, met fantasties­e stories en slegte herinnerin­ge natuurlik ook, heartache. ons was net 19 toe, so dit was wild.

“single mense het intussen getrou. couples het opgebreek. babies came along. ’n paar mense het uit die kas gebliksem. party mense het te veel weed gerook. ander te veel gedrink. ander te veel koffie.

“die eerste een was op nieu- bethesda. marathonse­ssies poker en black jack gespeel op victoriaba­ai en ons het gejam op janis joplin se piece of my heart. by cannon rocks het ’n paar van ons in duine verdwaal. op eersterivi­er het ons van duine af gebons en verslons rugby gaan kyk by die grênd gholfklub. op nature’s valley het ons in ’n huis gebly wat gespook het.

“dan was daar ook die weird shoppie op sedgefield wat verwronge barbie- poppe verkoop het. op riebeek-kasteel het ons opgedress vir die aand in die royal hotel. die keer op prins albert was dit die eerste wegkomkans met ’n baba by. op arniston toe wynand 30 word, toe pomp ons die party een nag lékker en dans op abba, toe kom james die kombuis ingehardlo­op – ons is beroof!

“en so gaan ons voort. sommige partners kom en gaan. enkele vriende ook. maar wat altyd bly, is die musiek, die samesyn, die whiskey en wyn, die lag en die bietjie pyn, die mooi memories.

“dankie, marita, vir daai. ons het hard geleer die lewe is nie soos storieboek­e nie – dis nie op papier nie, dis real. so real dat dit eintlik op papier hoort. dankie vir die padkaart.

“next stop: overberg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa