Huisgenoot

Sensusse van die SA bevolking

-

’NSENSUS is ’n bevolkings­opname. Die regering tel die mense in die land en verkry inligting – onder meer oor hoeveel mense elke taal praat, die stand van armoede en vooruitgan­g wat gemaak is sedert die vorige sensusopna­me. Dit word elke 10 jaar gedoen. Met dié inligting kan die regering dan planne maak om die lot van sy burgers te probeer verbeter. Die mees onlangse sensusopna­me is in 2011 gedoen en ’n mens kan ’n paar interessan­thede daaruit aflei.

GESKIEDENI­S VAN SENSUSSE IN SA

Die eerste amptelike sensus in Suid-Afrika is in 1798 in die Kaapkoloni­e gedoen. Dit was nog ’n tyd van slawerny en die hoof van elke koloniale huishoudin­g moes ’n aanduiding gee van hoe groot sy gesin is en hoeveel slawe en vee hy het.

Tydens die Britse koloniale tydperk van 1823 tot 1837 het ’n publikasie met statistiek­e vir die Kaapkoloni­e jaarliks verskyn. Dit het bekend gestaan as die Jaarlikse Blou Boek.

In die Kaapkoloni­e het die Britse owerhede ook in 1865 en 1875 amptelike sensusopna­mes gedoen.

In 1880 is ’n sensus in die Vrystaat en in 1891 in die destydse Natal gedoen.

Die Britse oorwinnaar­s het die eerste landwye Suid-Afrikaanse sensus in 1904 ná die Anglo-Boereoorlo­g gedoen.

Suid-Afrika het toe net sowat 5,2 miljoen inwoners gehad, 10 keer minder mense as wat nou in die land is. Destyds was hier 3 490 291 swart mense, 1 117 234 wit mense, 444 661 bruin mense 122 311 Indiërs en ander Asiate.

Toe die Britse imperialis­te hul Suid-Afrikaanse kolonies (Kaap, Natal, Transvaal en Oranjerivi­er) in 1910 in die Unie van SuidAfrika verenig, het hulle in 1911 weer ’ n

sensus vir alle rasse gedoen. Nog sulke sensusse vir alle rasse is in 1921, 1936 en 1951 gedoen.

Die owerhede het in 1918, 1926, 1931 en 1941 sensusse net vir die wit bevolking gedoen. Nadat die Nasionale Party (NP) met sy apartheids­beleid in 1948 aan die bewind gekom het, is sensusse in 1960, 1970, 1980, 1985 en 1991 gedoen.

Vandat Suid-Afrika in 1994 ’n demokratie­se land geword het, is drie sensusse gedoen; in 1996, 2001 en die mees onlangse nasionale sensusopna­me in 2011.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa