Huisgenoot

DIE SENSUS VAN 2011

-

Die sensusopna­me van 2011 is deur Statistiek­e Suid-Afrika gedoen. Dit is ’n groot ondernemin­g om miljoene mense te tel. Suid-Afrika het sowat 120 000 veldwerker­s, geklee in kenmerkend­e geel beffies, gebruik om landwyd met hul sensusvorm­s by elke huishoudin­g uit te kom. Dit het hulle vyf weke geneem om die inligting te bekom.

Nadat die sowat 15 miljoen sensusvorm­s teruggekry is, het Statistiek­e Suid-Afrika die data (inligting) in Januarie 2012 begin verwerk. Die eerste statisties­e verslae is eers in Oktober 2012 bekendgema­ak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa