Huisgenoot

DIE GEBOORTE VAN ’N STER

-

Voor Mickey op die toneel verskyn het, was daar Oswald the Lucky Rabbit (onder). Hy is in 1927 deur Walt en die animeerder Ubbe “Ub” Iwerks geskep toe Disney Brothers Studio nog ’n klein animasiese­ntrum binne die rolprentre­us Universal was. Oswald was ’n treffer en fliekgange­rs kon nie genoeg kry van die konyn wat in sy eie reeks animasiest­rokies gespeel het nie.

Maar toe Walt in 1928 ’n beter ooreenkoms met Universal se baas, Charles Mintz, probeer beding, het Charles geweier. Toe vat Walt die pad en laat Oswald agter, want Universal het diee regte tot die karakter besit.

Op die treinrit huis toe het Walt aan idees vir ’n nuwe karakter begin dink. nk. Ub het toe verskeie keie strokiesdi­ere virr Walt geskets – ’n koei,ei, ’n perd, ’n padda – maar Walt het almal verwerp. Eindelik het Ub ’n muis geskets – en Walt het geweetweet dis ’n wenner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa