Huisgenoot

MICKEY SE BENDE

-

Minnie, sy jare lange liefde, verskyn in 1928 die eerste keer in Plane Crazy toe Mickey haar vir ’n rit in sy vliegtuig nooi. Toe hy haar probeer soen, spring sy in ’n valskerm terug grond toe en skik die toneel vir dekades van vlerkslepe­ry. Terwyl die verliefde muise nooit op die skerm trou nie, het Walt eenkeer onthul “in die privaat lewe is Mickey met Minnie getroud”.

Pluto ontwikkel van ’n naamlose bloedhond in The Chain Gang van 1930 tot Pluto the Pup, Mickey se geliefde troeteldie­r, in The Moose Hunt in 1931. Pluto is die enigste van die oorspronkl­ike Disney-karakters wat nie antropomor­fies is nie, wat beteken hy het nie menslike eienskappe nie. Hy is net ’n hond.

Goofy, Mickey se lomp boesemmvri­end, maak in 1932 sy debuut in Mickey’s Revue, oorspronkl­ik as die ouerige Dippy Dawg. Hy kry later daardie jaar ’n herskepses­sie en die jonger Goofy word in The Whoopee Party gebore.

Donald Duck is sedert 1934 met ons toe hy in The Wise Little Hen verskyn het. Donald is veral bekend vir sy onverstaan­bare spraak en vurige humeur en het ’n vriendelik­e wedywering met Mickey – die twee kan as die oorspronkl­ike frenemies nemiesbesk­ou beskou word. Daisy Duck word in 1940 geskep om Donald se liefdesbel­angstellin­g te wees in Mr Duck Steps Out. Anders as haar vriendin Minnie is Daisy altyd aan haar ou toegewy.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa