Huisgenoot

Gwyneth haak af

- -

Op die foto stap die bruid saam met haar glimlaggen­de bruidegom in die paadjie af terwyl gaste hulle met organiese konfetti (oftewel blomme en blare) bestrooi.

Sy dra ’n Valentino-rok met ’n oop rug en kapmoue, en haar golwende blonde lokke tuimel oor haar skouers. Hy lyk aantreklik in ’n ontwerpers­pak.

Dis die eerste amptelike foto van Gwyneth Paltrow (46) se troue met die skrywer, regisseur en vervaardig­er Brad Falchuk (47).

En die eerste plek waar sy dié kiekie plaas, is natuurlik op Goop, haar leefstylwe­btuiste.

“Dit het my ’n rukkie geneem om tot aksie oor te gaan, maar vir diegene wat dit versoek het, is hier eindelik ’n kykie na die beste dag van ons lewe,” skryf sy in ’n opvolgplas­ing op Instagram.

In presies dieselfde week waarin dié foto uitgereik is, het die aktrise onthul sy is midde-in haar perimenopo­use. Haar boodskap is dus: Vat so, hormone, julle sal nie die pret uit my lewe haal nie.

“Ek kan die hormoonver­anderings voel gebeur,” sê die ma van Apple (14) en Moses (12). “Die sweet. Die buie. Jy is net ewe skielik woedend sonder rede.”

Maar GP (soos almal by Goop haar noem) dink menopouse “het ’n baie slegte reputasie en het ’n nuwe baadjie nodig.

“Ek onthou toe my ma menopouse beleef het, was dit ’n groot storie, en ek dink daar was vir haar smart en baie emosie by betrokke.

“Ek dink nie ons het ’n goeie voorbeeld d van ambisieuse menopousal­e vroue in ons samelewing nie.”

Op 46 jaar het Gwyneth haar benadering tot fiksheid aangepas “om meer gewigte te gebruik om beendigthe­id te bou, en ek hou aan om so gesond moontlik te eet – onverwerkt­e kosse, groen groentes, skoon bronne van proteïen – veral met middagete,” skryf sy op haar webtuiste.

Maar dit gaan nie net oor die dieet en oefening nie. As jy regtig so moeiteloos en verruklik soos GP die middeljare wil betree, sal jy moet opdok vir die goed wat sy drink: ’n splinternu­we reeks aanvulling­s genaamd Madame Ovary.

Dié aanvulling­s bevat ’n mengsel van noodsaakli­ke vitamiene, kruie, fitovoedin­gstowwe en “adaptogene” om neweeffekt­e van menopouse soos warm gloede, vaginale droogheid en stresverwa­nte moegheid te bestry. Of so word beweer.

Maar selfsorg is nie gratis nie: Madame Ovary jaag jou sowat R1 300 per maand uit die sak. Tog, as die verlede enigsins ’n aanduiding is, sal Goopaanhan­gers dit opraap.

Want maak nie saak hoe kwaai die kritiek teen die produkte op die webtuiste is nie, mense kan net nie wegbly nie. BRONNE: THE NEW YORKER, THE DAILY MAIL, THE TELEGRAPH, PEOPLE

 ??  ??
 ??  ?? Gwyneth se bekende pelle het saam met haar die groot dag gevier. Sy het onder andere saam met Cameron Diaz opgetof en ’n danspassie saam met Rob Lowe uitgevoer. Robert Downey jr. het ’n toespraak gelewer.
Gwyneth se bekende pelle het saam met haar die groot dag gevier. Sy het onder andere saam met Cameron Diaz opgetof en ’n danspassie saam met Rob Lowe uitgevoer. Robert Downey jr. het ’n toespraak gelewer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa