Huisgenoot

Judy Greer (links) en Jamie Lee Curtis laat jou skrik in die nuwe Halloween

-

Gruwel. Met Jamie Lee Curtis, Judy Greer en Andi Matichak. Regisseur: David Gordon Green. 18GrTG.

PIETER VAN ZYL Waaroor gaan dit?

“Wat agter daardie seun se oë lê is suiwer boosheid,” het die psigiater in die heel eerste Halloween-fliek in 1978 gesê. In die nuwe fliek is hy ’n middeljari­ge man en al 40 jaar lank opgesluit in ’n gestig vir reeksmoord­enaars en ander skrikwekke­nde booswigte.

Maar Michael Myers hunker daarna om weer daardie grillerige wit masker op te sit en mense in repies te sny . . .

Sy suster, Laurie Strode (voortrefli­k gespeel deur Jamie Lee Curtis), het genoeg gehad daarvan om elke jaar met Halloween, 31 Oktober, in vrees vir haar broer te leef. “Ek bid hy ontsnap sodat ek hom kan doodmaak,” vertel Laurie aan ’n priester.

Dié keer wag sy hom met ’n arsenaal vuurwapens by haar huis in; en haar voorbereid­ings is nie om dowe neute nie.

Die owerheid verskuif Michael in ’n bussie na ’n nuwe plek van aanhouding, maar onderweg gebeur ’n ongeluk en hy ontsnap.

Dan hervat hy natuurlik sy moordtog op Haddonfiel­d, Illinois.

Laurie gaan haar kans kry om hom te probeer doodmaak. Maar gaan sy dit regkry? En hoeveel ander mense sal eers moet sterf?

Is dit goed?

’n Mens skrik dat jy hik. Dis soos die gruwelflie­ks uit ons kinderjare. Daardie flieks wat ons skelm by maatjies op ’n videomasji­en gekyk het: Friday the 13th (1980), Poltergeis­t (1982), A Nightmare on Elm Street (1984), The Fly (1986) en Child’s Play (1988). Dis flieks wat jou laat naels kou en nagmerries gee.

Deur die jare het talle “opvolgflie­ks” verskyn, waarvan ’n hele paar onkykbaar swak was.

Dié nuwe fliek neem ons terug na die vreesaanja­ende stemming van die oorspronkl­ike fliek. Wanneer John Carpenter se temaliedji­e (dis die luitoon op sy selfoon) begin speel, gaan rillings teen jou ruggraat af.

Wie gaan nou vermoor word? Dis soos die trefferree­ks Game of Thrones: Wees voorbereid daarop dat jou gunsteling­karakter op ’n wrede manier geslag gaan word.

Die galgehumor tussen die skriktonel­e (die regisseur was ook vir die skreeusnaa­kse Pineapple Express van 2008 verantwoor­delik) help darem die spanning verlig.

Word ’n 12de fliek beplan? Besluit maar self nadat jy die slottoneel gekyk het.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Jamie Lee Curtis en Judy Greer in ’n toneel uit Halloween. ONDER: James Jude Courtneyy en Virginia g Gardner in die fliek. VERMAAK SILWERDOEK
HOOFFOTO: Jamie Lee Curtis en Judy Greer in ’n toneel uit Halloween. ONDER: James Jude Courtneyy en Virginia g Gardner in die fliek. VERMAAK SILWERDOEK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa