Huisgenoot

Boeke: B kW Weer ’W ’n Wegkomkans: Marita van der Vyver se ikoniese roman vir ’n nuwe geslag heruitgege­e

Ikoniese roman vir ’n nuwe geslag heruitgege­e

- Deur ELNA VAN DER MERWE

DIS die storie van 10 vriende wat 10 jaar lank ’n wegkomkans aangryp om mekaar vir ’n naweek êrens te ontmoet. Dit speel af in die tyd van die 1980’s se politieke onrus en die eerste demokratie­se verkiesing in 1994.

Wegkomkans het in 1999 die eerste keer verskyn en is in 2006 en nou weer heruitgege­e. Die boek het sonder om enige pryse te wen – anders as die meeste van Marita van der Vyver se ander boeke – stil-stil ikoniese status bereik.

“Dit was altyd vir my ’n spesiale boek. Dit is ook die dikste een wat ek ooit geskryf het,” sê sy.

Marita vertel dit het haar 13 jaar geneem, en sy het selfs haar eie wegkomkans gereël deur vir ’n jaar Frankryk toe te gaan om die boek te voltooi. (Dit was tussen 1996 en 1997 waartydens dens sy toe haar toekomstig­e man, Alain Claisse, ontmoet het.)

“Elke keer wanneer ek deur die jare in Suid-Afrika gekom het, het mense nse vir my gesê die boek is uit druk en hulle ullewil wil dit vir iemand present gee, ook dat hul eie boek gaar gelees is. Toe kom ek agter sommige mense lees dit elke jaar; party het selfs briewe geskryf waarin hulle vertel hulle hou sulke Wegkomkans­naweke.”

Sal die boek ook in die smaak van ’n nuwe generasie val, byna twee dekades later?

Ja, sê Marita. “As ’n mens die tegnologie en politieke omstandigh­ede wegvat, bly verstommen­d baie dinge waaroor hulle wroeg wat nog dieselfde is. Wegkomkans is die storie van jongerige stedelinge wat wroeg oor hul plek in Suid-Afrika, vriendskap en verhouding­s, mense wat doodgaan en ouer word. Dis tog dinge wat universeel en tydloos is.”

Sy oorweeg nou vir die eerste keer ’n opvolg vir Wegkomkans. “Ek noem die voorlopige titel spottender­wys Nog ’n Kans of Laaste Kans!”

 ??  ??
 ??  ?? Wegkomkans, uitgegee deur Protea Boe-Boekehuis, kos R300.
Wegkomkans, uitgegee deur Protea Boe-Boekehuis, kos R300.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa