Huisgenoot

Beskerm jou vel teen die son met produkte vir jou gesig en lyf

Dis heerlik in die warmte, maar wees verantwoor­delik en beskerm jou vel

- Deur NTHABISENG MAKHOKHA

Die son se UV-strale veroorsaak sonvlekke, pigmentasi­e en plooie, en een van die eerste plekke waar jy die skade sal opmerk, is aan jou gesig.

Daarom moet jy elke dag sonskerm aan jou gesig smeer, al is dit bewolk. Smeer dit aan 15 tot 30 minute voor jy uitgaan en elke twee uur daarna. Gebruik ’n sonskerm of bevogtiger met ’n sonbeskerm­ingsfaktor (SBF) van minstens 30. Jy kan ook produkte in lae aanwend, byvoorbeel­d jou bevogtiger, voorbereid­ingslaag, onderlaag en poeier. Dit gee ekstra beskerming, maar onthou minstens een produk se SBF moet 30 of hoër wees, want die SBF in elkeen word nie saam opgetel om ’n hoër syfer te gee nie. En hou in gedagte: Selfs al bevat jou onderlaag, BBof CC-room ’n hoë SBF, sal dit net doeltreffe­nd wees as jy dit mildelik aanwend. As jy nie van so baie grimering hou nie, is dit beter om by ’n sonskerm of bevogtiger te hou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa