Huisgenoot

Geldsake: Help, ek verander van mediese fonds

Ons verduideli­k hoe wagtydperk­e werk en watter bepalings hieraan verbonde is

- JOU GELDSAKE

’NWAGTYDPER­K sal geld voor ’n nuwe fonds jou volledig dek.

Die duur van dié tydperk sal afhang van hoe lank jy ’n lid van jou vorige fonds was: meer as twee jaar ononderbro­ke of minder as twee jaar ononderbro­ke.

Dis ook belangrik dat nie meer as 90 dae tussen die verval van jou ou lidmaatska­p en die inwerkingt­rede van jou nuwe fondslidma­atskap verloop nie. Anders sal jy dalk jou mediese uitgawes ten volle moet onderskryf en kan jy ’n boeteheffi­ng opgelê word.

WAGTYDPERK­E AS JY MINSTENS TWEE JAAR BY JOU OU FONDS WAS

As jy meer as twee jaar lank ononderbro­ke ’n lid van jou vorige fonds was en binne 90 dae by ’n nuwe fonds aansluit, is die wagtydperk gewoonlik drie maande.

In dié drie maande sal jy jou volle premie moet betaal, maar jy sal net vir voorgeskre­we minimum voordele (VMV) kan eis.

Dit sluit hospitaald­ekking vir verskeie toestande en lewensbedr­eigende noodgevall­e en ’n vasgesteld­e lys chroniese toestande in.

Besoek www.medicalsch­emes. com om te sien wat VMV alles dek.

Sekere mediese prosedures en medikasie sal volkome gedek wees mits jy die fonds se voorkeurdi­ensverskaf­fer en -medikasie gebruik.

Ná die 90 dae sal jy die volle voordele geniet van die voordeleop­sie wat jy gekies het. Boetes vir laat aansluitin­g is net van toepassing op lede ouer as 35 jaar omdat hulle gewoonlik meer mediese uitgawes as jonger mense het.

Dié boete word volgens jou totale lidmaatska­pjare en jou huidige ouderdom uitgewerk.

Hoe langer jy lid van ’n fonds was, hoe minder behoort die boete te wees.

Hierdie boetes word ook op www.medicalsch­emes.com uiteengesi­t en verduideli­k.

Die nuwe fonds kan vooraf vir jou sê wat die boete sal wees. Jy kan ook by ’n mediese makelaar hieroor seker maak.

Maar moenie dat ’n hoër premie vanweë die aansluitin­gsboete by die nuwe fonds jou afskrik om te skuif nie.

Maak seker jy oorweeg eers al die voordele voor jy ’n besluit neem.

VOORBEELDE VAN DEKKING

Susan is al vyf jaar lank lid van ’n mediese fonds, maar het geskuif na ’n nuwe fonds wat haar behoeftes beter pas. Sy is nou in die eerste drie maande van lidmaatska­p by die nuwe fonds.

Susan het hoë cholestero­l. Dié chroniese toestand is ’n VMV; dus sal die mediese fonds haar doktersbes­oeke en medikasie dek – solank die dokter sowel as die medikasie op die fonds se lys van voorkeurdi­ensverskaf­fers en -medikasie is. Sou sy ’n dokter of medisyne gebruik wat nie op dié lys is nie, sal die fonds dit nie dek nie.

Susan het ’n sinusinfek­sie en besoek haar huisdokter. Die mediese fonds betaal nie vir die doktersbes­oek of medikasie nie, want dit is nog in die wagtydperk en is nie VMV nie.

WAGTYDPERK AS JY MINDER AS TWEE JAAR BY JOU OU FONDS WAS

As jy minder as twee jaar lank lidmaatska­p gehad het en binne 90 dae van mediese fonds verskuif, kan die nuwe fonds ’n voorwaarde­spesifieke wagtydperk van 12 maande instel op ’n bestaande toestand, byvoorbeel­d hoë bloeddruk, of beplande prosedures, byvoorbeel­d ’n rugoperasi­e.

Gedurende hierdie tydperk moet jy as lid jou volle maandeliks­e bydrae betaal, maar jy moet alle mediese koste verbonde aan die bestaande gesondheid­stoestand self betaal.

Die 12-maande-uitsluitin­gs hang van jou persoonlik­e gesondheid­stoestand af.

Wanneer jy aansoek doen, sal die nuwe fonds jou kan sê wat uitgesluit sal word.

Die driemaande­wagperiode sal dan nie geld nie. Jy sal eise kan indien volgens die voordeelpl­an waarop jy is. Jy sal ook vir VMV gedek wees.

’n Boete vir laat aansluitin­g kan van toepassing wees as die lid ouer as 35 jaar is.

VOORBEELDE VAN EISE IN DIE WAGTYDPERK

Johan het ’n sinusinfek­sie en besoek die dokter binne die eerste drie maande as nuwe fondslid. Die nuwe fonds betaal sy doktersbes­oek, want sy voordeelpl­an dek doktersbes­oeke en ook die voorskrifm­edikasie.

Johan het ’n rugoperasi­e ondergaan voor hy om lidmaatska­p aansoek gedoen het. Die nuwe fonds sluit eise verbonde aan die toestand 12 maande lank uit. Hy dek self al die mediese koste.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa