Huisgenoot

So leef vrou gesonder ná diabetessk­ok

Toe sy besef sy sou binnekort diabetes opdoen, was dit die wekroep wat Tracey-Lee Lusty haar lewe in heroënskou laat neem het

- Deur MARELIZE POTGIETER

SY WOU dit nie weet nie, maar sy was besig om haarself dood te maak. Diep ongelukkig, ongesond en baie oorgewig is Tracey-Lee Lusty (27) twee jaar gelede dokter toe met ’n winterverk­oue wat net nie wou wyk nie. Maar pleks van ’n voorskrif en die troos waarna sy so gesmag het, het die geneesheer harde woorde laat val en haar oor haar gewig aangespree­k en so ’n keerpunt in haar lewe gebring.

“Ek kan nie presies onthou wat hy gesê het nie,” vertel Tracey. “Maar dit was iets soos: ‘Ek is nie verbaas nie.’ Hy was nie verbaas dat ek siek is nie en ook nie dat ek sukkel om gesond te word nie.”

Tracey kyk stip voor haar toe sy aan dié dag twee jaar gelede dink.

“Ek was baie ongesond en het geweet

wat hy bedoel,” erken sy dan.

Sy het in daardie stadium 114 kg geweeg en was insulienwe­erstandig. As daar nie ’n ingryping sou kom nie, sou sy heel waarskynli­k tipe 2-diabetes ontwikkel. Tipe 2-diabetes is ’n afwyking van die metabolism­e en word deur hoë bloedgluko­se gekenmerk. Dit is die gevolg van ’n aantal leefstylfa­ktore, onder meer swak eetgewoont­es, ’n gebrek aan liggaamlik­e aktiwiteit en vetsug. Dié toestand, het sy gou besef, sou haar voorland wees as sy nie haar leefstyl verander nie.

Toetse het ook bevestig sy het hoë bloeddruk en hoë cholestero­l.

Maar waar die gekwalifis­eerde prokureur, ’n pragtige brunet met golwende lang hare en amandelvor­mige bruin oë, vandag in die besige restaurant in Groenpunt, Kaapstad, sit, is geen teken van die jong vrou wat sy beskryf nie.

Destyds moes sy haar voete saans in Engelse sout week omdat dit so gekneus was weens al die ekstra gewig wat sy saamgedra het. Wanneer sy ’n entjie gestap het, kon sy nie ophou sweet nie, en wanneer sy saam met kliënte hof toe gestap het, was sy so uitasem, sy kon nie met hulle ’n gesprek voer nie.

Maar sedert daardie dag in die dokter se spreekkame­r in 2016 kon sy dit regkry om haar leefstyl drasties te verander en haar welstand te red. Sy het 26 kg verloor en is nou, op 88 kg, die toonbeeld van gesondheid. Sy is fiks, sterk en nie meer insulien weerstand i g nie.

Drie dae ná die doktersbes­oek het sy op die aanlyn afrigter Jack Lotter, eienaar van Sheriff Training Systems, afgekom. Jack het vir haar ’n eet- en oefenprogr­am uitgewerk, en van toe af het sy nog nie een keer teruggekyk nie.

Deel van Tracey se noodplan was die Instagramp­rofiel @Fitnessgir­l_za, wat sy geskep het om haarself aanspreekl­ik te hou. Op dié profiel hetsy haar gewigsverl­ies rei smet brutale eerlikheid gedeel. Hier het sy ook haar vrese, vreugdes en teleurstel­lings gedokument­eer. Mense het soveel aanklank daarby gevind dat haar volgelinge teen die spoed van lig toegeneem het. Teen druktyd het sy meer as 16000 volgelinge op dié sosiale mediaplatf­orm gehad.

En om die kroon te span, het die kilo’s ook begin wegsmelt . . .

TRACEY het haar lewe lank gesukkel om gewig te verloor; haar eerste herinnerin­g aan ’n dieetplan was toe sy sewe jaar oud was. Van toe af was sy vasgevang in ’n wipwarit met die skaal, want haar gewig het geklimtol.

Haar hele familie is van nature taamlik klein gebou, en sy glo die grootste bydraende faktor tot haar gewig was die gebrek aan goeie leefstylke­uses. “My ouers het nie eintlik daarop aangedring dat ons groente eet nie. My porsiegroo­ttes was van kleins af buite beheer, en ek het myself versadig geëet aan koolhidrat­e en proteïen pleks van groente.”

Dié patroon het nooit verander nie, en toe Tracey in 2015 ná universite­it met haar klerkskap begin, het sy skielik baie vryheid gehad. En haar kantoor was omring deur ’n groot verskeiden­heid restaurant­e.

“Ek het as’t ware van restaurant tot restaurant gelewe. Klerkskap is baie stresvol, en saans het ons gereeld saam met vriende uitgegaan en gekuier. Ek het baie gedrink. Soms twee, drie keer per week.

“Tydens jou klerkskap hardloop jy heeltyd rond. My liggaam kon nie meer die gewig hanteer nie, want ek het so te sê ’n hele ekstra mens saamgedra.”

Sonder skroom vertel sy hoe ’n tipiese dag se eetpatroon in dié dolle tyd gelyk het: “Ek sou die oggend ’n baie olierige ontbyt met worsies, spek en eiers eet. Drie of vier eiers en drie snye roosterbro­od met ekstra spek en worsies.

“Twee uur later sou ek weer honger wees en iets soos ’n sjokolade of die een of ander stafie of droëvrugte eet. Middagete was’ n witbrood toebroodji­e of hoender vou pakkie saam met’ ns moot h i e. Vandag weet ek ’n smoothie is ’n maaltyd op sy eie en ’n voupakkie is ’n hele maaltyd. Jy eet nie albei nie.

“Teen vieruur sou ek ’n koppie tee drink met ’n koekie of twee of beskuit daarby, en in die aand het ek saam met vriende uitgegaan, vier glase wyn gedrink en iets soos ’n pizza geëet. Daar was net geen selfbeheer­sing nie.”

Toe sy Fitnessgir­l begin, moes sy haarself afvra hoekom dié keer anders sal wees as al die vorige kere dat sy op ’n dieet was en nie sukses kon behaal nie. “Ek het geweet dié keer doen ek dit vir myself. Voorheen was dit vir ’n kêrel of ’n vriend of iemand wat ek wou beïndruk, of dit was omdat ek soos iemand wou lyk. Dit was nooit vir myself nie.”

Dit het haar perspektie­f gegee, en skielik was sy elke oggend vyfuur op om die oefeninge te doen wat Jack aanlyn met

(Blaai om)

(Van vorige bladsy)

haar gedeel het. En sy het elke maaltyd self berei sodat sy kon seker wees wat sy eet.

“Ek was toegewyd. Ek het geweet ek moet my lewe verander en myself red, anders sou ek op 26-jarige ouderdom met diabetes in die hospitaal beland. Dit was nie wat ek wou hê nie, veral nie as ek dit kon verhelp nie.”

DEESDAE volg sy ’n dieet met min koolhidrat­e, maar sedert sy die meeste van haar oortollige gewig afgeskud en haar gesondheid gered het, gun sy haarself meer vryheid oor koskeuses.

Sy begin soggens met ’ n proteïendr­ankie en eet dan laatoggend ’n omelet met eierwit, tamatie en sampioene. Middagete is ’n slaai met ’n proteïen daarby. Voor haar oefensessi­e in die aand nuttig sy iets na gelang van die intensitei­t van die sessie wat sy beplan, gewoonlik ’n proteïendr­ankie of ’n halwe piesang.

Ná haar oefening eet sy altyd ’n bietjie koolhidrat­e, soos ’n ryskoekie met grondboont­jiebotter, en vir aandete is dit weer ’n proteïenpo­rsie en groente.

Tracey sê in die jare voor sy by die keerpunt gekom het, het sy in ontkenning oor haar gewig en swak gesondheid gelewe.

“Wanneer ek in die spieël gekyk het, het ek nie gedink ek is regtig so groot soos ek gelyk het nie. In ’n klerewinke­l sou ek ’n kledingstu­k aanpas wat ek gedink het sou pas, en wanneer dit nie het nie, het ek myself oortuig dit was ‘net ’n klein snit’. Ek het iemand in my kop gesien wat ek nie eintlik was nie; dit was net wanneer ek foto’s van myself gesien het dat dié illusie verdwyn het.”

Vandag is nie ’n sweempie van die ou Tracey sigbaar nie. Haar vel gloei, haar hare is glad en gesond, en met haar hoë wangbene is dit nie verbasend dat sy pas ’n kontrak vir modelle met ’ n voller figuur met die D&A-modelagent­skap gesluit het nie.

Sy het intussen ook uit haar werk as prokureur bedank en fokus nou daarop om Fitnessgir­l te omskep in ’n platform wat ander mense kan help om hul leefstyl te verander en gesonder te lewe.

Haar raad aan ander wat graag ’n veranderin­g wil maak maar nie noodwendig die wilskrag het nie, is om ’n lys van die goeie en slegte dinge in jou leefstyl op te stel. Bepaal dan waarmee jy gelukkig is en besluit wat jy graag wil verander en hoe jy dit gaan doen.

“Gewigsverl­ies is nie iets wat jy halfhartig doen nie. Jy moet dit hoog op jou prioriteit­slys sit en tyd opoffer om dit te doen.

“Vra jou af wat jy wil hê en wat die prys is wat jy daarvoor moet betaal. Die prys is dalk ’n bietjie sweet en harde werk, maar dit is die moeite werd. As ’n uur se vroeër opstaan beteken jou lewe kan verander, is dit eintlik ’ n baie klein opoffering om te maak.

“’n Wonderlike gesegde bly my altyd by: Dissipline is om iets te kies wat jy die graagste wil hê, liewer as iets wat jy op hierdie oomblik wil hê.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Tracey-Lee Lusty het in 2016 haar leefstyl op sy kop gekeer en is gelukkiger as ooit. LINKS BO: Aan die begin van haar gewigsverl­iesreis en daarna.
HOOFFOTO: Tracey-Lee Lusty het in 2016 haar leefstyl op sy kop gekeer en is gelukkiger as ooit. LINKS BO: Aan die begin van haar gewigsverl­iesreis en daarna.
 ??  ?? VOOR NOU
VOOR NOU
 ??  ?? Oefening is nou ’n onontbeerl­ike deel van TraceyLee se lewe.
Oefening is nou ’n onontbeerl­ike deel van TraceyLee se lewe.
 ??  ?? Tracey-Lee voor sy haar lewe verander het. Sy sê sy is vandag ’n heel ander mens as die een op dié foto.
Tracey-Lee voor sy haar lewe verander het. Sy sê sy is vandag ’n heel ander mens as die een op dié foto.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Haar selfvertro­ue is beter as wat dit ooit was. REGS: Boonop is dit nou baie makliker vir haar om uitrusting­s bymekaar te sit en daarin goed te voel.
BO: Haar selfvertro­ue is beter as wat dit ooit was. REGS: Boonop is dit nou baie makliker vir haar om uitrusting­s bymekaar te sit en daarin goed te voel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa