Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

-

KIM KARDASHIAN het onlangs groot onenigheid in haar familie veroorsaak toe sy gesê het haar suster Kourtney is die “mins interessan­te om na te kyk”. Maar die drama was oënskynlik vergete toe die twee onlangs ’n sondeurdre­nkte familievak­ansie op die Indonesies­e eiland Bali geniet het om tonele vir die nuwe seisoen van Keeping Up with the Kardashian­s te verfilm. Geen kwade gevoelens was te bespeur tussen Kourtney en haar eks, Scott Disick, nie. Die twee het heerlik saam met hul kinders, Mason (8), Penelope (6) en Reign (3), en Kim se dogter North (5) in die see baljaar.

’n Bron sê die familie het vyf dae lank in die spoggerige Soori-hotel op die eiland tuisgegaan “op ’n landgoed aan die see, reg op die strand” wat hulle sowat R435 000 uit die sak gejaag het. Volgens die hotel se webtuiste het die landgoed ’n privaat gim, spa en talle ander geriewe.

Maar die werklikhei­dstelevisi­egesin het blykbaar veel meer in die son en see belanggest­el as om die oord se weelderige geriewe te gebruik. Kim (38), Kourtney (39) en Scott (35) het selfs beurte gemaak om van die kant van hul luukse boot in die see te spring terwyl die kinders toekyk.

 ??  ?? NORTH PENELOPE KIM KOURTNEY
NORTH PENELOPE KIM KOURTNEY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa