Huisgenoot

Liewe Elize

-

VEk is bejaard, en my dogter knou my af deur altyd by groot geleenthed­e, byvoorbeel­d haar troue, die geboorte van haar tweeling en haar man se hartaanval, te maak asof ek niks reg doen nie. Wanneer ek probeer help, verskree sy my asof ek haar slaaf is. Hoe hanteer ek dit? My hart is gebreek. Haar persoonlik­heid het deur die jare heeltemal verander. BDH, SMS

AJy hoef haar nie die res van jou lewe ’n stok te gee om jou mee te slaan nie. Jy kan weier om haar slagoffer te wees. As ’n mens se volwasse kinders jou boelie, kan daar ’n paar moontlike oorsake daarvoor wees. Vreemd genoeg is een van dié oorsake onsekerhei­d oor hoe om in sekere situasies op te tree. Hierdie gevoel kan haar aggressief en vyandig maak. Die onsekerhei­d kan uit haar kinderjare spruit toe sy moontlik toegelaat is om oneerbiedi­g teenoor ’n gesagsfigu­ur te wees. Angstige volwassene­s is dikwels geneig om hul ouers te probeer manipuleer in ’n poging om beheer oor hul angs en lewe te kry.

Wat ook al die rede, selfregver­digings van haar kant en verskoning­s van jou kant sal nie jul verhouding herstel nie.

Enige boelie floreer op mense wat onseker van hulself is. Hoe meer selfgelden­d jy dus in sulke situasie optree, hoe meer neem jy die wind uit haar seile. Moet haar nooit op jou beurt afknou nie. Jy moet wel perke stel deur duidelik te sê jy sal nie langer sulke gedrag duld nie. Wys haar daarop as sy verkeerd is. Boelies hou daarvan om heeltyd reg te wees. Hulle skrik ook as jy ’n ondersteun­ingspan het. Dit kan help as jou familie of vriende haar op haar plek sit wanneer sy jou voor hulle verneder. Vertel hulle van haar gedrag, gee voorbeelde en vra hulle om vir jou op te kom.

Dit sal ook help as jy jou emosioneel goed versorg sodat jy sterk genoeg is om weerstand teen haar te bied. Doen dinge wat jy geniet soos om saam met vriende te kuier of in die natuur te stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa