Huisgenoot

SA vandag

In ’n sensus word inligting oor al die inwoners van Suid-Afrika versamel, en omdat die taak so reusagtig is, word dit elke 10 jaar in ons land gedoen

-

JY HET dalk al van ’n sensus gehoor. Dit is wanneer beamptes inligting versamel oor hoeveel mense in Suid-Afrika woon, hoe naby hulle aan mekaar bly, hul ouderdom, geslag, verdienste en soort woonplek. Dit gee nie net ’n volledige telling van SuidAfrika se bevolking nie, maar help ook die regering behoorlik beplan sodat hulle byvoorbeel­d kan uitwerk hoeveel skole in ’n sekere gebied gebou moet word. Dit is ’n reusetaak om al die inligting van die miljoene mense in Suid-Afrika te versamel; daarom vind ’n amptelike sensus net elke 10 jaar in ons land plaas. Die vorige sensus was in 2011; dus sal die volgende sensus in 2021 plaasvind. Intussen doen nasionale organisasi­es soos Statistiek­e Suid-Afrika kleiner studies om ons data so bygewerk moontlik te hou. Kom ons kyk wat ons nou oor ons land en sy mense weet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa