Huisgenoot

RAADOP OOR MY GROOT BORSTE

-

Dankie aan Camilla Neels dat sy die moed gehad het om haar storie te deel (Help, my borste bly groei, 1 November). Ek probeer ook al jare lank om ’n borsverkle­iningsoper­asie te kry. My bragrootte is 40H. Ek word heeltyd weens my gewig weggewys.

Ek het reeds ’n rug- en nekoperasi­e gehad. Albei spesialist­e is dit eens dis as gevolg van my borste.

My mediese fonds raak uitgeput van al die doktersbes­oeke weens die pyn in my rug en skouers en hoof- en nekpyn.

Hoewel ek in die polisie werk, kan ek nie buite werk nie, want my koeël- vaste baadjie pas nie oor my borste nie.

Ek verduur daagliks pyn en het al langer as ’n jaar sere op my bors wat net groter word. Pynstiller­s en antibiotik­a help darem.

Ek verafsku my liggaam.

MOEDELOOS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa