Huisgenoot

Kleinseun het reeds ’n plan vir eendag wanneer oupa op die wolke gaan werk

-

MY kleinseun is sewe jaar oud en bly van kleintyd by my. Sy ouma het al vier jaar gelede vir Liewe Jesus op die wolke gaan werk. Ek en my kleinseun het alleen agtergebly.

Een nag soen hy my wakker. Ek kyk hom in die oë en vra: “Wat is dit?” “Oupa, ek is bitter lief vir jou,” sê hy. Om my kleinseun voor te berei op wat die toekoms inhou, sê ek vir hom ek sal ook eendag vir Liewe Jesus op die wolke moet gaan werk. Want sien, ek is ook al in die Bybelse ouderdom.

“Oupa, ek gaan saam met oupa,” sê hy vir my.

Ek verduideli­k toe aan hom dat hy eers ’n groot man soos sy pappa sal moet word. “Oupa, weet jy wat ek gaan doen?” antwoord hy. “Ek gaan vir my ’n rocket koop. Ek gaan my opskiet tot by Liewe Jesus en tot by oupa.”

Dit is so ’n voorreg om ’n kleinseun soos hy te hê. ’n Kleinseun gevul met die mooiste liefde. OUPA ROOL, KLERKSDORP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa