Huisgenoot

SMS’E

-

Wat ’n pragtige bruid was prinses Eugenie

nie! Al die kritici wat iets te sê gehad het oor haar mooiste dag, kan maar hul woorde gaan sluk. Eugenie en Jack het nie ’n voet verkeerd gesit nie. Vir my het sy selfs mooier as Meghan gelyk. ANNIE

Volpunte vir die modeblad waar die modelle soos normale vroue lyk en nie die “volmaakte” lyfies het soos al die jare aan ons voorgehou is nie. Kyk net die glimlagte. Dis opreg en sprankelen­d mooi soos die klere wat hulle vertoon. LONITA, WESKUS

Dit lyk of 7de Laan nie meer stories het om oor te skryf nie. Nou word ’n klomp nonsens elke week vir die kykers opgedis. Ek het die program altyd geniet, maar nie meer nie. Ek dink baie mense oorweeg nou ander opsies as 7de Laan. DALENE Vir my is die jongste storielyn in 7de Laan heeltemal belaglik. Wie dit ook al uitgedink het, moet maar weer gaan dink. Die skrywers gaan bitter gou met iets nuuts en beters moet vorendag kom. Julle verloor kykers met sulke gemors. ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa