ONS WONDERWERK
Ons wonderwerkbaba was ook ’n eerste in Suid-Afrika (Hoop vir pare wat sukkel, 18 Oktober). Baie van die prosedures wat in die ar tikel beskryf word, is soortgelyk aan waardeur ons is. My man was destyds 42 en ek 38 jaar oud.
Ons is geseën; die behandeling het die eerste keer gewerk. Ons seun, ons enigste kind, is nou al 22 jaar oud en ons wonderwerk en hart se punt.
Die mooiste woorde wat hy kan sê, is “pa” en “ma”.
PETRO BARNARD