DEKOR UIT DIE NATUUR
Met ons sonnige Desembers kan Suid-Afrikaners na hartelus Kersfees buite vier. ’n Gedekte tafel op ’n grasperk onder sambrele is ideaal vir ’n eg Suid-Afrikaanse Kersmaal,” meen Lesego.
“Los die tafeldoeke in die kas – deesdae is tafeldek minimalisties en landelik.”
As jy weet julle gaan tot ná donker kuier, kan jy met feetjieligte in jou bome en plante ’n feestelike atmosfeer skep, voeg hy by.
Jy kan maklik jou kos as dekor inspan as jy dit op mooi borde of planke of in besonderse bakke voorsit, sê Carmen. “Slaai, klaar in ’n kleinbordjie opgeskep, in die middel van die grootbord laat ’n tafel dadelik vrolik lyk.”
Sy hou van vars, eenvoudige tafelversierings. Druiweblare kan inge- span word om ’n kaasbord te versier. “’n Olienhouttak is ’n mo oi ding waarmee jy ’n krans kan vorm.”
Andrew gebruik graag kruie in n potte as tafeldekor. “Ek sit altyd die potte met kruie in goiing of bruinpapiersakke in die midde el van die tafel en versier dit met blomme of blare,” sê hy.
“Daarna plant ek die kruie so- dat hulle my aan daardie wonde rlike dag kan herinner, of ek gee hulle ná die ete as geskenke weg g.
Met dié dat blomme so duur i s, stel Otto voor jy pluk blare, spriet te en takkies van plante en bome in die tuin en rangskik dit, pleks van blomme, in vase. “Jy kan dit net so gebruik of met spuitverf uit jou ysterwarewinkel goud of f silwer spuit.”