Huisgenoot

LAVENTEL-EARL GREY-SOENTJIES

-

Die geur van laventel en Earl Grey-tee maak hierdie koekies ekstra spesiaal.

LEWER 20-24 STAPELKOEK­IES BEREIDING: 30 MIN. VERKOELTYD: 30 MIN. BAKTYD: 12-15 MIN.

KOEKIES 3 Earl Grey-teesakkies 250 g sagte botter 125 ml (½ k) versiersui­ker 560 ml (2¼ k) koekmeel 125 ml (½ k) mieliemeel 10 ml (2 t) bakpoeier 5 ml (1 t) vanielje VERSIERSEL 500 ml (2 k) versiersui­ker 60 ml (¼ k) sagte botter 5 ml (1 t) suurlemoen­sap 15 ml (1 e) gedroogde laventel, gekap ’n paar druppels pers voedselkle­ursel Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit.

1 Koekies Sit die teesakkies in ’n beker en giet 60 ml (¼ k) kookwater oor. Laat staan eenkant. 2 Klop die botter en versiersui­ker saam in die bak van ’n elektriese klitser tot romerig. Sif die koekmeel, mieliemeel en bakpoeier oor die bottermeng­sel en roer met ’n houtlepel tot gemeng. 3 Haal die teesakkies uit die water en giet die helfte van die tee saam met die vanielje by die koekiedeeg (hou die res van die tee eenkant). Meng goed tot ’n deeg vorm. Vorm ’n bal, bedek met kleefplast­iek en verkoel 30 min. 4 Rol okkerneutg­rootteball­etjies met die deeg en pak op die bereide bakplate. Druk die koekies plat met ’n vurk en bak 12-15 min. of tot strooikleu­rig en gaar. 5 Pak die koekies op draadrakki­es en laat heeltemal afkoel.

6 Versiersel Klits die suiker en botter saam. Voeg die suurlemoen­sap, orige tee, laventel en kleursel by en klits tot goed gemeng. Smeer die helfte van die koekies met die versiersel. Plak die ander helfte bo-op. Bêre in ’n lugdigte houer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa