Huisgenoot

OLYFPOTBRO­OD

-

Die deeg word soos ’n rolkoek opgerol, deurgesny en dan in ’n sirkel gerol – te mooi!

LEWER 1 GROOT POTBROOD BEREIDING: 40 MIN. RYSTYD: 1 UUR GAARMAAK: 1 UUR

DEEG 1,5 L (6 k) witbroodme­el 5 ml (1 t) sout 10 ml (2 t) suiker 15 ml (1 e) kitsgis 45-60 ml (3-4 e) olyfolie sowat 500 ml (2 k) lou water VULSEL 125 ml (½ k) elk swart en groen olywe, ontpit en in stukkies gesny 3 knoffelhui­sies, fyngedruk 3 takkies elk roosmaryn en tiemie, blaartjies afgestroop en gekap 30 ml (2 e) olyfolie 250 ml (1 k) gerasperde pecorino-kaas

1 Deeg Meng die meel, sout en suiker en voeg die kitsgis by. Maak ’n holte in die middel, meng die olie en water en voeg by. Meng deur en knie sowat 10 min. goed of tot glad en elasties. Maak toe en laat rys tot dubbel die volume. 2 Rol die deeg sowat 1 cm dik uit in ’n groot reghoek.

3 Vulsel Meng al die bestanddel­e vir die vulsel buiten die kaas. Smeer oor die deegreghoe­k. Sprinkel die kaas oor. Rol die deeg op soos ’n rolkoek en sny in die lengte in die helfte. 4 Rol een helfte in ’n sirkel op met die gesnyde kant wat na bo wys; hou aan met die sirkel vorm deur die ander helfte net by te las. Plaas die sirkel in ’n goedgesmee­rde swartpot. Laat rys tot dubbel die volume. Plaas die deksel op. 5 Plaas op ’n staander oor stadige kole met ’n paar kole op die deksel van die pot ook en bak tot gaar, sowat 60 min. afhangend van die hitte van die kole. (In die oond: sowat ’n uur by 190 ˚C.) 6 Sit voor saam met die vis en/of seekospot. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa