Huisgenoot

SEEKOSPOT

-

’n Heerlike gereg ideaal vir vooraf eet en wat jy al ’n dag voor die tyd kan maak.

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 25 MIN. STAANTYD: OORNAG

400 g bevrore steurgarna­le (opsioneel) 400 g bevrore babaseekat­tentakels sout en peper 400 g bevrore seekosmeng­sel gerasperde skil van 1 suurlemoen 2 brandrissi­es, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 rooi-ui, gekap 160 ml (²⁄₃ k) olyfolie 100 ml witwynasyn ’n groot hand vol gekapte pietersiel­ie 2 rooi soetrissie­s, gebraai tot swart blasies vorm, vel afgetrek en gekap 1 suurlemoen of 2 lemmetjies, in stukke gesny

1 Braai die steurgarna­le oor warm kole tot dit pienk verkleur, sowat 2 minute per kant. Hou eenkant. 2 Plaas die tentakels en seekosmeng­sel in ’n swartpot, geur met sout en peper, rasper die skil oor en giet ’n bietjie water by. Plaas die deksel op en stoom oor matige kole tot net sag, maar nie stukkend nie, sowat 20 min. Skep uit. 3 Braai die brandrissi­es en knoffel saam met die ui in ’n klein bietjie olie tot sag. Voeg by die seekosmeng­sel. 4 Giet die orige olyfolie en asyn by. Voeg die pietersiel­ie en soetrissie­s by en geur met sout en peper. 5 Voeg die steurgarna­le by en plaas ’n paar skyfies suurlemoen tussenin. Skep in ’n bak, maak toe en marineer oornag. Sit voor saam met die olyfbrood indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa