SUURLEMOENTERT MET MALVA-MERINGUE EN GEBRAAIDE VRUGTE
GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. BAKTYD: 7-10 MIN.
KORS 2 pakke (150 g elk) hawermout vesel beskuitjie smet verminderde suiker 100 ml botter, gesmelt VULSEL 3 eiergele 115 g grenadellapulp 1 blik (387 g) kondensmelk 30 ml (2 e) fyngerasperde suurlemoenskil 125 ml (½ k) suurlemoensap BOLAAG 3 eierwitte 60 ml (¼ k) strooisuiker 230 g geroomde maaskaas 15 ml (1 e) versiersuiker verskeidenheid vars vrugte, oor die kole geskroei
Voorverhit die oond tot 180 ˚C
1 Kors Kap die beskuitjies en botter in ’n voedselverwerker fyn. Druk vas in ’n emalje- of tertbord of vierkantige koekpan.
2 Vulsel Klits die eiergele en grenadellapulp saam tot lig, voeg die res van die vulselbestanddele by en klits goed tot dik. Skep die vulsel in die kors en bak 7 min.
3 Bolaag Klits die eierwitte en strooisuiker in ’n glasbakkie wat oor ’n kastrol met kookwater pas sowat 7 min. saam tot dik en glansend. 4 Meng die maaskaas en versiersuiker. 5 Skep bolle meringue en maaskaas bo-op die vulsel. Skroei die meringue met ’n kombuisblaasvlam. Rond af met die geskroeide vrugte. S Bak die tert so oor die kole: Sit ’n stukkie tinfoelie lossies oor die tert (sonder bolaag). Plaas hoog oor die kole op ’n rooster en “bak” sowat 10 minute tot die vulsel net stewig is.