Huisgenoot

WAT KAN JY DOEN AS EEN VAN JOU GELIEFDES SUKKEL OM BY AFTREDE AAN TE PAS?

-

“Luister eers voor jy raad gee,” beklemtoon die opvoedkund­ige sielkundig­e dr. Melodie de Jager. Dis belangrik dat die mens begrip en respek van jou ervaar, maar moenie wegskram van moeilike gesprekke nie. Oorweeg alle moontlike opsies, want keuses skep hoop. Praat jou geliefde moed in en pak dinge saam aan, sê die mediese dokter dr. Arien van der Merwe, maar pasop dat jy gemanipule­er word: Moenie negatiewe gedrag, byvoorbeel­d ’n gekla, versterk deur te veel simpatie te toon nie. Fokus op positiewe ondersteun­ing en hoe mense hulle uit ’n neerdrukke­nde situasie uit kan leer dink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa