Huisgenoot

ONMIN OOR OUMA SE OOGAPPEL

-

Ons het vyf kinders, almal onder 10 jaar oud, maar my skoonouers tree op asof ons net een kind het.

Hulle trek ons sesjarige verskrikli­k voor en skeep die res van hul kleinkinde­rs af.

Ek en my man het al met hulle daaroor gepraat dat hulle van hom ’n witbroodji­e maak, maar hulle steur hulle nie aan ons nie.

Hulle steek my seun teen my op en neem hom vir naweke weg sonder my toestemmin­g. Onlangs het hulle boonop my man teen my begin draai.

Die twee hou glad nie van hul ander skoondogte­rs nie, maar my man se broers laat nie toe dat hul vroue so sleg behandel word nie.

Wanneer ek die situasie met my man wil bespreek, ontaard dit in ’n bakleiery.

ML op FG

Jou skoonouers bewys hul witbroodji­e geen guns nie. Hul gedrag kan daartoe lei dat so ’n kind wanaangepa­s is en homself later in die lewe te veel wil toe-eien.

Jou ander vier kinders is g’n tweedeklas­gesinslede nie en jy nog minder.

Dit is ’n onuithoudb­are situasie en sal nie verander tot jy streng perke begin stel nie.

Beperk jou skoonouers se toegang tot jul huis deur gesinstyd voorop te stel.

Sê byvoorbeel­d Sondae is die dag wat julle alleen as ’n gesin tyd saam deurbring, en ook as die hele gesin nie saam by oupa en ouma gaan kuier nie, gaan niemand.

As jou man nie wil saamwerk nie, kan jy gerus by sy broers om hulp aanklop. Vra hulle om een aand om ’n braaivleis­vuur terloops met hom te gesels oor die probleme wat hul vroue met hul ouers ervaar en hoe hulle daarmee klaarspeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa