BUMBLEBEE
Wetenskapsfiksie. Met Hailee Steinfeld en John Cena. Regisseur: Travis Knight. Begin op 21 Desember. Bumblebee van Transformers kry sy eie fliek! Die gewilde motorrobot soek skuiling op ’n rommelterrein in Kalifornië. Charlie Watson, wat byna 18 is en haar plek in die wêreld probeer vind, ontdek Bumblebee en probeer hom regmaak. Maar sy kom gou agter dit is g’n gewone geel Volkswagen Beetle nie.