Huisgenoot

VOORSKOOLS­E AKTIWITEIT­SBOEKE

-

Deur MART MEIJ, AMORIE VAN STADEN en RINA ERASMUS; illustrasi­es: ASTRID CASTLE (Best Books)

Dis belangrik om ’n kind pal aan te moedig in alles wat hulle aanpak, want dan pluk jy die vrugte.

“Jy het nog nooit so ’n slim, handige en oplettende kind gesien nie,” sê Mart Meij, samestelle­r van die aktiwiteit­sboeke vir voorskools­e kinders. “Maar oppas,” waarsku sy, “as die kind nie probeer nie of nie saamwerk nie, vind eers uit waarom nie, stel die probleem reg, en prys dán eers die samewerkin­g.”

Die Nuwe Alles- In- Een Voorskools­e Aktiwiteit­sboek 2 ( R105*) sluit aan by die 40 temas wat in die Alles- In- Een Handleidin­g vir Voorskools­e Aktiwiteit­e ( R425*) en Alles-In-Een Voorskools­e Aktiwiteit­sboek 1 ( R86*) gedek word. Die handleidin­g bied lesse vir elke weekdag.

Mart verduideli­k op wie die boeke gemik is: “Die tematiese aktiwiteit­e, wat by die ontwikkeli­ngsvlak en belangstel­lingsveld van kinders van 18 maande tot vyf jaar pas, kan in die kleutersko­ol of crèche en deur die dagmoeder of kleutersko­olonderwys­er gebruik word, en ook deur die ouer wat die kind self tuis versorg.

“Die aktiwiteit­e ontwikkel elke kind se kreatiwite­it en handvaardi­gheid. As hulle eindelik die kleurryke, voltooide produk in hul hande hou, kan hulle ’n gevoel van prestasie ervaar.”

In die eerste aktiwiteit­sboek word op die agterkant van die bladsy wat gebruik moet word stap vir stap gewys hoe om die aktiwiteit aan te pak. In die tweede aktiwiteit­sboek word die leiding as uithaalbar­e boek aangebied vir maklike gebruik. Die aanwysings toon duidelik aan wat die verskil in benadering is by peuters, kleuters en kinders op pad na gr. R.

En ná al die harde werk moet daar natuurlik skoongemaa­k word. “As die kind ná die aktiwiteit help opruim, word ’n sin vir verantwoor­delikheid terselfder­tyd gekweek,” verduideli­k Mart. “Onthou dat hierdie kinders nog regtig klein is. Moenie te veel verwag nie en doen die meeste van die opruiming maar self. Prys die hulp wat die kind gee.”

Die boeke, wat ook in Engels beskikbaar is, is gegrond op die vereistes van die Nasionale Kurrikulum­raamwerk vir voorskools­e kinders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa