Huisgenoot

STRIKVRAE

-

As ’n skilpad sy dop verloor, is hy kaal of haweloos?

As ’n kamera se lens sirkelvorm­ig is, hoekom is die foto’s reghoekig?

As jy sê jy’t soos ’n baba geslaap, beteken dit jy het elke paar uur huilend wakker geword?

As jy skoon is wanneer jy uit die stort klim, waarom word handdoeke vuil?

As Aspoestert­jie se skoen volmaak gepas het, waarom het dit dan afgeval?

As vegetariër­s so besorg is oor diere, waarom eet hulle die diere se kos?

Waarom word ’n ronde pizza in ’n vierkantig­e boks gesit? En dan eet ons hom in driehoeke gesny . . . L. SAAYMAN, SABIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa